Na berekening gaan die Kaap uit water uit hardloop teen 18 Mei aanstaande jaar. Daar is reeds samesprekings gevoer met SAPD en die weermag om wet en orde te behou in daardie tyd. Hierdie dien as goeie voorbeeld van wat ons te wagte kan wees na anargie uitbreek.

Eerstens kan ons weet dat geweld baie vinnig sal uitbreek sodra kritiese dienste, maar veral water, nie meer gelewer kan word nie. Vermy samedromming en areas van hoё populasiedigtheid.

Tweedens moet u voortydig besef dat enige watervoorraad wat u opbou, selfs indien u ‘n vol swembad by die huis het, dit u dadelik ‘n teiken sal maak. Die huidige aggressie en wreedheid van plaasmoorde is die keuse van die aanvaller. In daardie tyd sal hordes deur dors gedryf word om te bekom wat u het. Dit is hoekom ons lang afstande plaas tussen ons mense en die massas.

Derdens wil ons weereens u fokus vestig op die belangrikheid van voorbereiding ten opsigte van drinkwater. Dit gaan een van die grootste tekorte wees selfs in veilige gebiede, en veral in die begin wanneer infrastruktuur nog nie funksioneer nie.

Die volgende items moet oorweeg word in terme van voorbereiding vir water:

·         Pomptoebehore;

·         Filters;

·         Opgaarfasiliteite soos dromme; en

·         Watersuiweringspille of druppels