[fusion_builder_container hundred_percent=”no” equal_height_columns=”no” menu_anchor=”” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” class=”” id=”” background_color=”” background_image=”” background_position=”center center” background_repeat=”no-repeat” fade=”no” background_parallax=”none” parallax_speed=”0.3″ video_mp4=”” video_webm=”” video_ogv=”” video_url=”” video_aspect_ratio=”16:9″ video_loop=”yes” video_mute=”yes” overlay_color=”” video_preview_image=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” padding_top=”” padding_bottom=”” padding_left=”” padding_right=””][fusion_builder_row][fusion_builder_column type=”1_1″ layout=”1_1″ background_position=”left top” background_color=”” border_size=”” border_color=”” border_style=”solid” border_position=”all” spacing=”yes” background_image=”” background_repeat=”no-repeat” padding_top=”” padding_right=”” padding_bottom=”” padding_left=”” margin_top=”0px” margin_bottom=”0px” class=”” id=”” animation_type=”” animation_speed=”0.3″ animation_direction=”left” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” center_content=”no” last=”no” min_height=”” hover_type=”none” link=””][fusion_text]

Konserwatiewe mense is geneig om feitlikheid, swart en wit reёls, en wette hoog te ag. Dit is mense wat meer geneig is om beroepe soos ingenieurs, elektrisiёns, bouers, ens. te volg. Beroepe waar vaste reёls, ontwerpe en vervaardiging dikteer. Daar word min aan enigiets onrealisties, onuitvoerbaar en onwerkbaar oorgelaat. Hierdie beroepe maak staat op reёls wat effektiwiteit, werkbaarheid, en logiese voordele bevorder.

Liberaliste is weer meer geneig om skeppende kunste, drama, digwerk en verhale aan te hang. Meer abstrakte konsepte waar realiteit nie die uitkoms dikteer nie. Fantasie, digterlike vryheid, moderne kunswerke, nie dinge wat prakties hoef sin te maak nie. Dit is waarom die liberale wêreld vas kan glo in ideale. Persepsies wat staan op ‘n fondasie van drome, wense en konsepte wat nie op praktyk gebasseer is nie.

In die politieke- en wêreldbeskouings van hierdie mense veroorsaak dit geweldige teleurstellings. Dit was duidelik sigbaar in die hoё verwagtings wat liberales gekoester het vir die reёnboognasie. Die praktiese veroordeling daarvan deur konserwatiewes is natuurlik deur hulle uitgebuit as pessimisme en verkramptheid. Die realiteit van liberale drome wat vandag verkrummel lê, skep natuurlik ‘n groot innerlike teenstrydigheid wat in Engels ‘cognitive dissonance’ genoem word – so ‘n oorweldigende emosie vir vrees vir mislukking dat die liberale psige ten alle koste sukses moet identifiseer.

Die blomtydperk waarna Max-groenlote-du Preez verwys is die tipiese resultaat daarvan. ‘n Oorlewingspoging van die doodstryd tussen sigbare mislukking en ‘n droom van vredeliewende integrasie.

Mens sou byna jammer kon voel vir liberale wesens, as dit nie was vir die geweldige hartseer, pyn, moord en doodslag wat hulle vernietigende ideologieё veroorsaak het nie.

[/fusion_text][fusion_imageframe image_id=”16616″ style_type=”dropshadow” stylecolor=”” hover_type=”zoomin” bordersize=”” bordercolor=”” borderradius=”” align=”none” lightbox=”no” gallery_id=”” lightbox_image=”” alt=”” link=”https://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/groen-lote-nou-oral-te-sien-20180219″ linktarget=”_blank” hide_on_mobile=”small-visibility,medium-visibility,large-visibility” class=”” id=”” animation_type=”” animation_direction=”left” animation_speed=”0.3″ animation_offset=””]https://www.suidlanders.co.za/argief/wp-content/uploads/2018/02/Untitled-2.jpg[/fusion_imageframe][/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]