AdminU sal sien dat ons besig is met ‘n reeks artikels wat, anders as in die verlede begin lig skyn op die komplekse geheime magspel van verleiding en verraad wat daar reeds vir baie jare in Suid Afrika gespeel word. Verskeie soortgelyke artikels sal met meer detail in die komende dae geplaas word. Die volk, en veral die behoudende gemeenskap is oor die jare mislei op verskeie gebiede. Konstraterende uitsprake en verwarrende projeksies is deur invloedryke instellings, politici, “behoudende” organisasies en kerkleiers gemaak.

Ons gaan poog om hierdie slu magspel aan u te ontbloot sodat u in die toekoms, wanneer hierdie rolspelers weer tot die spel toetree, ingeligde besluite kan neem. Die Suidlanders het oor die jare ‘n verbasend suiwer en opregte leierskap groepering opgerig wat onafhanklik van politiese inmenging en geldelike vergoeding ‘n opregte en toegeweide volksaak dryf. In ‘n wêreld waar invloedryke rolspelers wat opreg vir die volk opstaan, bitter yl gesaai is, is dit hoog tyd dat ons u van die ware feite voorsien sodat die foute van die verlede nie weer ten koste van die volk herhaal word nie.

Werk asseblief saam deur hierdie artikels se akkuraatheid met u eie navorsing te bevestig, en stuur dit asseblief aan soveel mense moontlik. Plaas dit op die whatsapp groepe en deel die inligting met soveel mense as wat u kan.

Dankie vir u ondersteuning.

Suidlanders