U word genooi na aanbiedings/vergaderings wat hierdie maand deur HK aangebied word.  Hierdie tegniese aanbiedings verduidelik ons Noodplan in baie eenvoudige terme sodat u die “groot prentjie” van die Noodplan kan verstaan.

U sal ook na die vergadering weet hoe u meer betrokke kan raak en kan bydrae tot die Suidlander Noodplan, asook wat u nou al kan doen om voor te berei vir ‘n anargie situasie.

Ons sal deur die jaar verskeie soortgelyke toere reël en hoop om volgende die Wes-Kaap te besoek. As u kan help met verblyf of ‘n lokaal kan u ons gerus kontak by navrae@suidlanders.co.za

Ern van den Berg van SL HK Besoek Noordwes 2019

Swartruggens
Datum: Donderdag 28 Feb 2019
Tyd: 19h00
Plek: By die Swartruggens dam. Vir presiese aanwysings na die saal kontak 063 863 5000

Lichtenburg
Datum Vrydag 1 Maart 2019
Tyd: 19h00
Plek: Lichtenburg Eeufees terrein -26.158591, 26.164649
https://goo.gl/maps/p68ZQNVWwYk

Delareyville
Datum: Saterdag 2 Maart 2019
Tyd: 09h00
Plek: Pigmy Lodge
https://goo.gl/maps/m9rLzKKtbCP2

Bloemhof
Datum: Saterdag 2 Maart 2019
Tyd: 19h00
Plek: Sal binnekort gekomunikeer word.

Hierdie is ‘n tegniese aanbieding. Na hierdie aanbiedding sal u verstaan hoe ons Noodplan werk en hoe u betrokke kan raak.

– Wat doen ons tans en wat is ons planne vir die toekoms.
– Die wetgewing en hoe dit werk.
– Die verskillende departemente.
– Die beginsels omtrent ontrekking, ingrawe, groepering word deeglik bespreek.
– ʼn Hipotetiese geval wat wys hoe die noodplan sou gewerk het in ʼn ander land in Noord Afrika waar anargie voorgekom het, en hoe dit ons gaan beïnvloed.
Dan ‘n vraag en antwoord sessie.

Wees daar dit kan die belangrikste vergadering vir u toekoms en lewens behoud wees.