In ‘n onlangse artikel deur ‘n liberale rubriekskrywer lees ons van kommerwekkende vlakke van politiese spanning, armoede en gewelddadige karakter onder swart massas. Die artikel identifiseer ‘n duidelike risiko, meld tekens van onstabiliteit, en noem duidelik hoe hierdie gees van geweld en blanke haat ‘n gevaar vir die meer vredeliewende blanke bevolking inhou. Die begin van die artikel (waarvan ons die naam en skrywer eers weerhou) skep byna die idee dat daar dan enige oomblik ‘n dankbetuiging teenoor regses gemaak gaan word. Dalk iets soos: “Die Suidlanders het dit sien kom, hulle het gewaarsku dat die risiko sal intensifiseer en dat gereedheid en voorbereiding noodsaaklik is.” Maar dan neem die skrywer se gedagtegang ‘n onvoorspelbare en onverklaarbare wending. Skielik word die behoudende as ‘n klaende pessimis bekroon “Hou op kla oor geweld, misdaad en korrupsie. Hou op voorspel dat dinge nie gaan herstel nie en hou op met bangmaak stories oor komende anargie.”

Die berig in retrospek grens aan logika selfmoord, soos vele ander van sy soort. Hoe kan enige persoon met die waarheid gekonfronteer word oor hoe gevaarlik SA vandag is, hoe buite beheer dinge raak, en hoe onwaarskynlik ‘n positiewe verandering vir hierdie omstandighede is, maar dan nogsteeds op geen onseker terme die waarskuwing en gereedheid wat die Suidlanders promofeer op so ‘n vyandige wyse veroordeel.

Onder swart geledere wil dit dikwels voorkom of daar nie ‘n politiese motief en verskuilde agenda bestaan voor die waarheid by die naam genoem word nie. As Malema sê die boere se dae is getel, sê hy dit met gesag, met miljoene ondersteuners agter hom. As Moeletsi Mbeki, wat deur baie gerespekteer word in sy kapasiteit as politiese en ekonomiese analis, waarsku dat SA ‘n bom is wat wag om te ontplof, en afstuur op ‘n Arabiese Lente, laat dit mens wonder hoekom die blanke liberaal so bang is dat die blankedom daardie waarskuwing ter harte neem.

Die magte van die tyd onder blanke ekonomiese bewind staan in direkte teenstelling met die behoudende Godvresende gemeenskap. Daardie liberale geldgedrewe element wat deur organisasies soos Vrymesselaars en ander geheime instellings aan die stuur van ekonomiese en politiese bemagtiging hulself posisioneer voel dalk bedreig deur die behoudende konsep van voorbereiding wat daagliks sterker raak. Hierdie elemente gebruik die voordeel van die invloed wat hulle nog in die media het om te verhoed dat die omvang van die bedreiging wat daar vir die blankedom in SA bestaan, aan die konserwatiewe en behoudende bekend word. Welwetend dat die grootskaalse breinspoeling wat plaasgevind het om die blanke in SA te laat skuldig voel oor apartheid, opgewonde voel oor die reënboog konsep en die vermengingsideologie stilswyend laat aanvaar het, nou deur die realiteit van omstandighede begin verbrokkel, moet hierdie elemente die konsep van selfbeskikking en volksvryheid ten alle koste onderdruk.

Die konserwatiewe gemeenskap is die dryfkrag agter soewereine volksvryheid en wanneer daardie droom verwesenlik word, sal dit die liberale argitekte van die reënboognasie aan die ongewilde kant van die skeidslyn plaas.

Die stryd duur voort, selfs al bring hierdie reënboogland ook hoeveel suurvrugte voort, sal die soet van volkseie ideale nooit erkenning of guns in die wêreld se oë mag ervaar nie. Al raak die tekens hoe sigbaar, die regse sal altyd as die dom dweper, die pessimistiese rassis uitgebeeld word. Hierdie media breinspoeling werk al dekades lank en floreer vandag nog in elke uitgawe, op elke media kanaal.

Lees tussen die lyne en identifiseer die vyand in hierdie gewapende oorlogstryd, met propaganda as ammunisie.