Burgerlike Verdediging Kenteken

Ons kry navrae rakende die kleur kodes van die burgerlike verdediging kenteken. Hierdie is die internasionaal erkende kenteken vir Burgerlike Verdedigings Organisasies. Aangesien die Suidlanders in tye van anargie onder hierdie internasionale wetgewing sal funksioneer, is dit belangrik om onsself sigbaar te identifiseer deur die kenteken op voertuie, geboue ens. te vertoon. Hierdie kenteken mag nie nou al op voertuie geplak word nie, aangesien dit vir ‘n bepaalde tyd bestem is. Alle lede wat onder Suidlander strukture aan die noodplan deelneem kan reeds hierdie plakkers bekom, of self laat druk. Dit is egter belangrik om te verstaan dat die optrede tydens vlug steng deur die bepaalde wetgewing voorgeskryf word. Indien u teenstrydig met voorgeskrewe Suidlander noodplan prosedures gaan optree sal u teenstrydig met hierdie bepaalde wetgewing wees en sal die Suidlander bestuur en leierskap ons van sulke optrede deur lede distansieer. Hierdie is nog ‘n poging deur die Suidlanders om ons mense by wettige optrede te bepaal. Die kleur kodes en uitleg wat gebruik moet word in die druk van die kenteken is as volg. Die plakker kan enige grote wees maar die standaard vir voertuie is 13X13 cm. Die teken is ‘n blou gelyksydige driehoek op ‘n oranje vierkant soos aangedui bo in die artikel.

Blou CMYK is 100-50-0-20
Oranje CMYK is 0-60-100-0

U kan hierdie een hieronder aflaai (13cmx13cm):

Deur | 2019-03-19T09:09:44+00:00 19 Maart, 2019|Kategorieë: Voorbereiding|