Weerbaarheidskamp Desember 2019
Ons Desember opleidingskursus is baie gewild en slegs ‘n enkele paar plekke is nog beskikbaar. Hierdie kursus gaan uit die volgende vakgebiede bestaan en dien as ‘n voorbereidingskursus waarby daarna meer gevorderde kursusse in spesifieke rigtings kan plaasvind vir kandidate wat kwalifiseer.
Gedurende die kursus sal kandidate gemonitor word vir prestasie, vermoë, leierseienskappe, ens. Die afdelings van die kursus is as volg:
Dag 1 tot 6 word daar op roteringsbasis die volgende vakke in die basis aangebieds:
1. ‘n Gevorderde herlaai- en langafstandskiet opleiding asook die teorie oor balistiese wetenskap en die faktore wat akkuraatheid bepaal. Na hierdie dag sal studente hulle eie rondtes kan laai en hul wapens se akkuraatheid drasties kan verbeter. Hulle sal ook die basiese praktyk van akkurate langafstandskiet verstaan.
2. Vak 2 – ‘n Kort eendag kursus in persoonlike lyfwag (VIP Protection) en vegkuns. Hierdie kort kursus sal die studente blootstel aan persoonlike lyfwag prosedure, ofensiewe en defensiewe bestuurstegnieke vir lyfwagte, perseelbeskerming, en operasionele beplanning vir lyfwag spanne. Op dieselfde dag word daar ook ‘n kort kursus op radio kommunikasie en tegniese gebruik daarvan aangebied.
3. Vak 3 is ‘n eendag kursus in veldkuns. Hier sal studente leer hoe daar in die veld in seksieverband tydelike basisse ingerig word, in die veld gefunksioneer word, en al die veldtegnieke wat ons in die weermag geleer het.
4. Vak 4 – Hierdie vak sal studente leer hoe om moeilike terreine met ‘n 4 x 4 voertuig aan te pak. Hierdie deel word in groepies van drie op roteringsbasis met studente se eie voertuie gedoen. Op dieselfde dag word ook ‘n kort makkerhulp kursus aangebied.
5. Vak 5 – Hierdie eendag kursus sal studente leer hoe om met ‘n kaart te navigeer, asook hoe om skerpskut posisies in te neem, te kamofleer en skerpskut skietwerk te doen. Studente sal hier leer hoe die basiese vaardighede van ‘n skerpskutter lyk.
6. Vak 6 – Op hierdie eendag kursus gaan studente leer hoe observasieposte ingeneem word, asook hoe verskillende formasies in seksieverband werk tydens patrollies. Verskeie aspekte van veldwerk in groepsverband word hier behandel wanneer ‘n verdedigingsvermoë opgerig word.
Na die eerste ses dae rotasievakke wat in die veldbasis aangebied word, gaan studente veld toe.
Dag 1 in die veld word ‘n eendag oorlewingskursus aangebied waarvan die tegnieke oor die res van die kursus toegepas sal word.
Dag 2 in die veld sal studente in seksieverband teen mekaar kompeteer met ‘n langafstand hindernisbaan waarby verskeie hindernisse, riviere, en ander natuurlike uitdagings oorkom moet word.
Dag 3 in die veld word ‘n spesialiskursus op kamofleertegnieke en beweging onder dekking aangebied. Aan die einde van dag 3 in die veld begin die vasbyt wat ten einde kom op dag 4, terug in die basis. Die dag word afgesluit met ‘n braai en ‘n saam kuier met senior leierskap.
Die volgende dag het ons ‘n Geloftediens gelei deur Gustav Müller, daarna die toekenning en uitpaseringsparade. Die res van die dag gaan almal net rustig wees by die kamp.
Die volgende dag gaan ons dam toe waar ons met watersport, braai en saam kuier die dag gaan geniet. Daardie aand volg ‘n deftige ete en funksie waarby toekennings aan studente oorhandig sal word, asook die prestasies wat studente behaal, bekend gemaak sal word. Na die prysuitdeling gaan studente die luuksheid van gastehuise geniet waarna hulle die volgende oggend kan vertrek.
Die vakke word deur hoogs gekwalifiseerde opleiers aangebied waaronder 3 Recce kolonelle, springbokskuts, en profesionele lyfwagkenners, asook een van SA se vooraanstaande kamoflerings- en oorlewingspesialiste.
Na afloop van die kursus kan studente kwalifiseer om die spesialis verkennerkursus, die spesialis kamofleer- en skerpskutkursus, die spesialis reaksiemagkursus, of die spesialis balistiese bestuurs- en mediese kursus te voltooi.
Alle studente meld aan op dag 1 met die volgende:
1 x Weermagrugsak
2x Browns broeke
1 x PT broek
1 x Browns hemp
1 x Browns t-hemp
2 Pare browns kouse
Paar stelle onderklere
1 x Browns boshoed
1 Paar army boots
Kousrekke
Dark brown kiwi politoer
1 x Skoenborsel
1 Weermag poncho
Persoonlike toiletware
1 Liter weermag waterbottel met firebucket en pouch
1 Webbing belt
1 Dixie
Slaapsak
Eetstel (Pikstel)
Seep om klere te was

Merk asseblief alle klere en toerusting met kursusganger se naam.

Elke dag in die basis word driloefening aangebied. Alle kostes soos etes, verblyf en saamkuier word verskaf.
Sien julle daar!