Ons het besluit om jongmanne tussen 18 en 35 toe te laat, maar spesiale versoeke is welkom. Die kamp begin op Donderdag 5 Desember 2019 en die volgende kursusse word aangebied:

• Volledige herlaaikursus
• Langafstand skiet
• Lyfwag (Bodyguard)
• Tweerigting radio gebruik
• Veldkuns
• ‘n 4×4 Kursus
• Makkerhulp
• Skerpskut opleiding
• Kaartlees
• Veldobservasie opleiding
• Verdedigingsformasies
• ‘n Oorlewingskursus
• ‘n Moeilike hindernisbaan
• Kamoflering, en laastens ‘n vasbytstap oor twee dae.

Die kursus eindig op 15 Desember waarna daar op 16 Desember ‘n Geloftediens gelei deur Mnr Müller, asook toekennings en ‘n uitpasering gaan plaasvind. Op 16 Desember, na ‘n harde twee weke in die veld, boek die manne in by gastehuise en geniet ‘n aand se luuksheid.
Op 17 Desember volg ‘n sosiale kuier op die oewer van die Vanderkloofdam met ‘n paar bote, watersport en gesellighede waarna toekennings die aand van 17 Desember by ‘n deftige dinee uitgedeel gaan word. Kursusgangers kan op 18 Desember vertrek.
Gedurende die kursus gaan kursusgangers om die beurt om die vuur kuier met Mnr. Müller en legendariese Recces soos Kol. Wynand du Toit en Kol. Sakkie Marais.

Verskeie ander senior oud-weermaglede sal die opleiding behartig. Hierdie kursus is uniek in sy soort in die gehalte opleiding wat verskaf word en is propvol pret aktiwiteite en saamkuier om die vuur.
Die kursus beloop R5 000 en sluit alle verblyf, etes, ammunisie, ens. in tot en met die 18de Desember. Slegs 60 jongmanne word toegelaat.
Die koste van R5 000 kan eenmalig betaal word of in 5 x R1 000 paaiemente afbetaal word. Om teleurstelling te voorkom, kan die volgende solank aan ons gestuur word deur die AANSOEKVORM te voltooi.

Dit sal ‘n plek vir u reserveer. Betalings kan gemaak word na: Absa spaar, Tak 632005, Rek 9288818000, Naam: Suidlanders.
Kursusgangers moet met vasgestelde items soos ‘browns’, ‘n rugsak, spesifieke eetgerei, ens. aanmeld. ‘n Volledige lys, asook die program en verdere besonderhede sal môre op die webwerf verskyn.
Stuur gerus hierdie artikel/blad aan, aangesien alle volksgenote welkom is. Dit beloof om ‘n onvergeetlike ervaring te wees.