Die Aanval Teen Tommy

Soos u weet, is die konserwatiewe aktivis, Tommy Robinson ‘n tyd gelede gearresteer en summier in die tronk gestop nadat hy fotos geneem het van Moslem aangeklaagdes wat weens seksuele wandade in die hof moes verskyn.

Hierdie was blatante vervolging op regses wat opstaan teen die wandade van Moslem immigrante in Europa. Nou het ‘n regter bevind dat Tommy onskuldig was en alle aanklagtes teen hom is laat vaar. Hierdie was ‘n totale nederlaag vir die liberale wêreldbestel.

Die liberale Mike Stuchbery, het natuurlik vernynig ‘n aanval teen Tommy geloods. Verder het hy hom aangekla dat regses besig is om mense op te sweep teen Moslems. Met na die aanhaling: “This narrative was whipping people up into a frenzy and I worry that some are on the cusp of acting out their frustrations against Muslims as a result.”

Dit is ongelooflik om te dink dat regses hier aangeval word deur te sê dat hulle opsweping kan veroorsaak, dat hulle uit die frustrasie wat Moslem wetteloosheid veroorsaak, dalk sal optree teen die Moslems. Dit is dan juis die liberales wat daardie Moslems in Europa ingenooi het. Nou word behoudendes beskuldig dat ons bewusmaking regses se frustrasies gaan laat oorkook.

Verder word Tommy daarvan beskuldig dat hy geldelik voordele geniet uit sy werk as aktivis. Hy word daarvan beskuldig dat hy tussen £5000 en £6000 per maand verdien. Nie rêrig ‘n uitspattige inkomste vir ‘n Europieër nie. Interessant hoe die liberales keer op keer dieselfde swartsmeer-taktieke inspan. As jy behoudend is mag jy niks beter doen as om te krepeer nie, anders word dit ‘n aanval teen jou. As jy nie behoudend is nie, kan jy tot spog met hoeveel jy maak en dit bepaal jou sukses en aansien.

Hier in Suid Afrika beleef behoudende volksgenote presies dieselfde aanslae. Ons word onophoudelik daarvan beskuldig dat ons geld maak, selfs al kan geen Suidlander bestuurslid by HK ‘n pensioen, versekering op kar, huis of eie lewe, of ‘n mediese fonds bekostig nie. Nie een van ons kinders kan op Universiteit studeer nie. Ons lewe met die nodigste en selfs in hierdie omstandighede word die aanklag van finansies herhaaldelik en valslik teen ons ingespan.

Die ooreenkomste van aanvalle deur liberales is so dieselfde dat ons die aanvalle teen Tommy byna kan sien as bewys dat hy goeie werk vir konserwatiewe waardes in Europa doen. Hou so aan Tommy, jy het ‘n groot gemeenskap ondersteuners wat wêreldwyd saam met jou in hierdie stryd is.

Deur | 2018-08-06T22:57:58+00:00 06 Augustus, 2018|Kategorieë: Internasionaal|