Ons het gesien dat, sonder die hulp en werking van die Heilige Gees, die Bybel vir ons net nog ‘n boek sal bly – ‘n toe boek!

Joh 14:26: “…en wanneer die Vader in My Naam die voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Joh 14:16 word so mooi uitgespel in die Amplified: “And I will ask the Father and He will give you another Comforter (Counsellor, Helper, Intercessor, Advocate, Strengthner, and Standby), that He may remain with you forever. Vers 17 “The Spirit of Truth, whom the world cannot receive (welcome, take to its heart), because it does not see Him or know and recognise Him but you know and recognise Him for He lives with you (constantly) and will be in you.

Daarom bid/pleit by die Vader dat Sy Heilige Gees vir ons al die benamings in vers 16 sal word. Wat ‘n onuitspreeklike voorreg. Ons behoort nooit te twyfel nie, want die Woord sê in Joh 16:13: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, Hy sal julle in die hele waarheid lei.

Die basiese boodskap uit die Woord kan opgesom word in drie woorde: Liefde, Wet, Lewe

Joh 3:16: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, (LIEFDE) sodat dié wat in Hom glo (WET) nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (LEWE). Die Heilige Gees verlig hierdie boodskap vir ons en die Skrif word lewend.

Ek leer by Selwyn Hughes – die beste manier om die Bybel te verstaan is om stil en nederig voor die Vader te sit en om die Heilige Gees te vra om die waarhede uit te wys.

As ons Bybels nog in die boekwinkel geberg word, of lê en stof vergader op die boekrak, is dit tyd om die Woord ons eie te maak. Eet die Woord, dit is soet soos heuning. Openb 10:9-10; Ps 119:103; Eseg 3:1-3.

Liefde Anen