Min mense besef wat die doel van onttrekking werklik is. Min mense besef regtig hoe strategies die Suidlander Noodplan werklik aanmekaar gesit is. Die kundigheid wat ingespan is in die ontwerp van hierdie Noodplan prosedure is verstommend.

Vandag, na byna twee dekades van beplanning, duisende ure en kilometers afgelê, kan ons met volle vertroue sê dat daar geen ander opsie bestaan nie. Onttrekking is eintlik ‘n sagte woord vir groepering. Wanneer mense spontaan uit natuurlike reaksie ‘n area verlaat weens geweld, onsekerheid, vrees of omdat dit eenvoudig is wat almal in sulke omstandighede doen, versprei hulle in ‘n duisend rigtings.

Hierdie uitmekaar spat van ‘n gemeenskap hou spesifieke gevare vir die gemeenskap in. Dit stel hulle bloot aan gevare in die aankomsgebied, verdun hulle digtheid van getalle, ontneem hulle van die beskutting van hul woongebied, ens.

Vir hierdie risikos en weens die spontaniteit van ‘n vlugtelingsituasie wanneer geweld uitbreek, is dit uiters belangrik om in hierdie kritiese tyd die uitmekaarspat optrede te bestuur sodat mense eerder weer groepeer in plaas daarvan om van mekaar weg te beweeg.

Dis waar die Suidlander Noodplan sy eerste fase lewensbelangrike insette lewer. Derduisende lede is oor jare opgelei om op spesifieke voorafbepaalde roetes te beweeg na verdere versamelpunte. Die hele vlugteling scenario is eintlik ‘n groeperingsaksie. ‘n Beplande optrede van bestaande lede en personeel om nie-lede te help rigting gee sodat die blanke gemeenskap weer groepeer en nie verspreid oor ‘n area ronddwaal nie.

Nadat groeperinig plaasvind is die moontlikhede natuurlik legio. Elke stap wat daarna plaasvind is fyn bereken en persone is reeds hiervoor opgelei. Vir nou is dit slegs belangrik dat u verstaan dat daar ‘n plan is met ‘n plan vir daarna, en nog een vir daarna. Stappe wat volg, die een op die ander. ‘n Proses wat ons lei na ‘n magsposisie, ‘n plek waar ons ‘n vermoë het om hierdie onstuimige tye te oorkom.

Moenie dat die weghol-aanklag u flous nie. Daar sit veel meer daar agter as wat voorkom. Soveel meer, dat dit in werklikheid die enigste uitvoerbare Noodplan inisiatief tans is.

Dit is ook die rede hoekom kleiner groepies met die snaakste noodplannetjies vorendag kom – intrek, ingrawe, vlug berg toe. Sulke lawwe omskrywings het sy ontstaan vir een rede – die enigste werkbare opsie is reeds gevat. Enige iemand wat nou met ‘n oortuigende opsie tafel toe wil kom, moet aan iets heel anders dink, iets wat werkbaar is, iets wat uitvoerbaar is, en dis ‘n harde toffie om te kou. Hierdie mense speel met lewens, wees baie versigtig,