Die Pad Van Geloof

Ons glo maklik ‘n eerbare man dat hy sal doen wat hy belowe het. Dit is ook so met ons Vader wat altyd doen wat Hy sê en belowe. Voordat Hy iets uitvoer openbaar Hy dit in Sy Woord. Vir Hom gaan praat en die uitvoer van wat Hy sê altyd saam. Daar is geen twyfel daaraan nie.

Num 23:19: “God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?”

Daarom kan ons Hom op Sy Woord neem en Sy beloftes vasgryp. Elke belofte is ‘n oop deur, gaan gerus daardeur met groot vertroue.

Onthou nou, die Vader bring altyd Sy kant en nou val die klem op ons geloof. Ja! Die bal is in ons eie hande.

Wat is geloof dan? Niks anders as ‘n sekerheid dat wat ons Vader sê of belowe die WAARHEID is. Hoe groter my vaste geloof, hoe groter is die gawe van Sy wonderwerkende genade. Hebr 11:1: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoor, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

En hoe hoor ons Sy beloftes? Deur Sy Woord te eet, deur dit in te neem en jou eie gesprek met Hom te voer. My kosbare Bybel is aan flarde. Ek kyk met verlangende oë na die blink-nuwe Bybels op die rakke. Maar nee, nooit! My eie is te kosbaar met aantekeninge by en name en datums, onderstreep en ingekleur soos ‘n sirkus advertensie.

Die boek Filemon is mos altyd half moeilik om te kry. In my Bybel is dit daar waar die Bybel oopgebreek (losgeskeur) het. En dis die plek waar Paulus vir Filemon (‘n slaaf wat weggeloop het) prys dat hy sy liefde en trou deel met ander en bid dat hy selfs dieper insig sal verkry! Sy geloof het oorgeloop in werke. Nee! My flenters Bybels sal my deurdra saam met die Outeur daarvan.

John 7:38: “He who believes in Me (who cleaves to and trusts in and relies on Me) as the Scripture has said, from his innermost being shall flow (continuously) springs and rivers of living water.”

Ons moet die Woord lees en bestudeer om kennis op te bou, maar ook om ons geloof te versterk.

So werk dit: God belowe – ek glo – God volbring.

Kom ons bid vir mekaar.

Anen

Deur | 2018-10-07T17:34:31+00:00 07 Oktober, 2018|Kategorieë: Geestelik, Hoekom Suidlanders|