Selfverdediging

Selfaanwending in terme van sekuriteit mag ‘n natuurlike anderse wending maak as met voedsel en medies. Baie mense het reeds die wettige hoeveelheid wapens en ammunisie aangeskaf om hulself mee te verdeding. Alhoewel die beginsel hier dieselfde as met lewensmiddele en medikasie is, mag dit meer voordelig wees om ‘n oorskot wapens en ammunisie met nie-voorbereides te deel om sodoende ‘n groter gesamentlike kans op oorlewing in ‘n verdedigingsituasie te hê.

Deeglike ooreenkomste moet in hierdie verband met ander vlugtelinge gemaak word. Hou in gedagte dat u moontlik ‘n wapen aan ‘n onvoorbereide sal afdeel vir ‘n bepaalde tyd of situasie. Kom deeglik ooreen of en wanneer sulke artikels weer terugbesorg moet word.

U reg op selfverdediging mag nie outomaties ingeperk word net omdat ‘n ander persoon nie dieselfde vermoë het om hom- of haarself te verdedig nie.

Aangesien hierdie tipe van ooreenkomste nie deur die Suidlander Noodplan Inisiatief op enige vlak afgedwing sal word nie, moet hierdie ooreenkomste vrywillig onder vlugtelinge getref word.

Sulke ooreenkomste kan byvoorbeeld die volgende insluit: ‘n Persoon met twee jaggewere en 200 rondtes ammunisie deel een af aan ‘n vriend sonder enige vuurwapens met 50 rondtes. Die ooreenkoms is dat hy dit mag aanwend in verdediging van die groep se lewens vir solank as wat hulle in dieselfde groep is. Sodra hy kies om die groep te verlaat, moet die wapen en oorblywende ammunisie aan die eienaar terugbesorg word.

Alle optrede bly egter steeds onderhewig aan die toepaslike wetsbepalings.