DSC_1275_pp_3_1Min mense besef die werklike betekenis van die afgelope Amerikaanse verkiesing.

Wat sê Trump se oorwinning:

  1. Dit is ‘n bewys dat die ‘wêreldse establishment’ tred verloor het met wat die gewone persoon op straat dink en voel – daarom het hulle die Trump oorwinning gladnie gesien kom nie.

Waarom het hulle tred verloor?

In kort: Wanneer wêreldmagte soos Nebukadnesar, die Romeinse ryk, en noù die ‘wêreld establishment’ by ‘n punt gekom het waar hulle a.g.v hul dominansie, manipulasie en indoktronasie individue op ‘n psigiese, fisiese, direkte of indirekte wyse skaam en bang laat voel om nie meer te praat oor hoe hy of sy voel nie, weet jy nie meer hoe die individu voel nie.

Dit verander egter nie sy innerlike oortuiging nie! Kom ek verduidelik: Vir jare en selfs dekades is ‘n behoudende uitgemaak as dom, verkramp, agterlik, homofobies, xenofobies Islamofobies, rassisties, Nazisties, fasisties, ens. om maar net ‘n paar te noem. Die gevolg hiervan is dat die persoon steeds dink wat hy wil, maar hou dit net vir homself en is net nie meer uitgesproke oor sy denke nie. Dit bring dan so ‘n dominerende mag onder ‘n vals indruk.

Dit is wat nou gebeur het met die Amerikaanse verkiesing. Die oorgrote meerderheid het duidelik Trump gedink maar dit nie gesê nie. Van hier die ‘landslide’ oorwinning, skok en totale ongeloof… want u sien almal was bang om Trump te sê, want dan is hulle mos dom, verkramp, agterlik, homofobies, zenofobies Islamofobies, rasisties, Nazisties, fasisties, ens. Verder is die individu ook bang vir moontlike vervolging of viktimisering. Waarom is die demokrasie-liefhebbers nou glad nie so opgewonde oor die demokratiese kiesersuitslag van die VSA nie?

Kom ons kyk na Suid-Afrika as ‘filiaal’ van hierdie korrupte ‘slegs-elite wêreld-establisment’: U sal onthou in die ou politieke dae van die laat 80’s, hoe mnr. FW de Klerk gereeld verwys het na die ‘irriversibility’ van ons hervorming en transformasie – al sou dit lei tot die einde van ons blanke volk èn die Christendom aan die Suidpunt van Afrika. Hoe hy ook gesê het dat niemand teen die Nuwe Wêreldorde kan opstaan nie. Wel mnr. de Klerk en al u liberale ‘establishment-venote’ wêreldwyd, Donald Trump het! Sò is Marine Le Pen van Frankryk ook hard besig (met reeds groot sukses) met haar stryd teen die ‘Neo-liberal establishment’ ter behoud van ‘n sowereine Frankryk. Ook is Frauke Petry van die Afd party in Duitsland met diè stryd gemoeid ter behoud van ‘n sowereine Duitsland, Geert Wilders van Holland vir die Hollanders  en ander volksleiers wat wêreldwyd hul stryd voer teen hièrdie ‘wêreld-establisment.’

Mnr de Klerk, saam met sy ‘mafia-establishment,’ het gereeld in die laat 80’s gepraat van die “winde van verandering”…. Wel?! Daardie wind se blus is uit!! Hier is ‘n tornado en Donald Trump het die eerste oorwinning teen die Nuwe-wêreld-orde behaal.

 

  1. Dit was ‘n bewys dat die breëstroom media lank nie meer neutrale beriggewing lewer nie, maar aktiewe deelname aan die kant wat hul kies.
  2. Dit was ‘n bewys dat die breëstroom media ook die instrument is in die hand van die Nuwe Wêreldorde (establishment) en dat enigeen (in die geval Donald Trump) wat nie deel is van hierdie wêreld elite nie, vergruis sal word deur die media.
  3. Dit is ‘n bewys dat die breëstroom media nie meer die leuen oortuigend kon oordra nie, aangesien die meerderheid Amerikaners nie deur die media aanval op Trump van stryk gebring was nie.

Die behoudendes is wêreldwyd besig om die een sukses na die ander te behaal, en te bly behaal. My persoonlike siening is dat dit die begin is van die verbrokkeling van diè laaste wêreld koninkryk, (diè van voete, van yster en klei) wat Daniël se profesie vir ons duidelik uitlê in Daniël 2:40 tot 49.

Ander profete profeteer (aansluitend) dat God eers Babel (dit is niks en niemand anders as die wêreld elite wat die ‘establishment’ mag van die wêreld vandag is – die laaste geintegreerde wêreld koninkryk) sal vernietig voordat Hy die gelowiges weer oprig en herstel.

Trump se oorwinning is niks anders as deel van die wêreldwye rewolusie van die gewone man op straat teen die elite, (die verbrokkeling van hièrdie koninkryk) wat hoegenaamd niks voel vir enige iemand behalwe hulself nie. Hiervoor plaas hulle hul lakeie in leiersposisies in elke faset van die samelewing ten einde beheer oor die massas te hê en te behou – alles om hulself te verryk.

U in Suid-Afrika, asook die wêreldling, werk al harder vir al hoe minder – vandaar die frustasie wat gevolglik lei tot onrus wat ons wêreldwyd vandag sien. U sien, dit is waarom die ‘establishment’ in die wêreld, en in SA die ‘doringbos’ wat Oom Siener profeteer het, geen tyd het vir nasionalisme en patriotisme nie. Want u sien, wanneer ‘n patriot soos Trump (VSA), Marine Le Pen (Frankryk), Geert Wilders (Holland) Frauke Petry (Duitsland) en al die ander (wat aan diè kriteria voldoen) aan bewind kom, sal ‘n patriot (wat liefde vir sy of haar land beteken) mos nie toelaat dat al die rykdomme en dividende wat so ‘n land oplewer landuit in die sakke van vreemdes beland nie!

Nee, ware patriotte en nasionaliste sal toesien dat die rykdomme in die sakke van hul eie lande val. Oom Siener het gesê: “hou aan stry, al stry julle met die rug teen die muur”. So, volksgenote – hou aan stry!

Gustav Muller