Die Vader Se Liefde En Deernis

Leer om Jesus se liefde, deernis, vergewensgesindheid en al Sy lieflike kwaliteite na te streef en te waardeer. Sy liefde vir ons wissel of fluktueer nooit. Dit bly altyd konstant dieselfde. Sy liefde het niks te doen met ons eie deurmekaar emosies, of tye van ongeloof, of verkeerde dade, selfs ons sonde nie. Nee! Dis trouens hoekom Hy gekom het, om aan die kruis te sterf vir ons sonde en ongeregtighede sodat ons die ewige lewe kan kry. So groot is Sy liefde. (Joh 3:16) Hy vergewe ons alles, maar dan moet ons onder die sambreel van Sy vergifnis in beweeg.

Die vyand kom blaas die vuur van tweedrag aan. Hy fluister wanklanke en bring disharmonie tussen ons en ander en tussen ons en ons Vader. Efe 4:26,27: “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.” 1 Pet 5:8,9 sê tog duidelik hoe gevaarlik die vyand werklik is: “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë.” O ja! ‘n Brullende leeu sal ons in werklikheid deure laat toeklap… of hoe?

Hoekom gaan daar deure oop in ons geesdimensie wat die vyand toelaat om in te gaan met die doel om te roof en te steel? Hy steel ons saligheid, hy steel ons verhoudings met mekaar en met die Vader, en nog soveel meer. As ons hierdie wanklanke van die duiwel: (oordeel, skinder, haat, nyd, beterweterigheid, wat ookal) toelaat om nes te skop in ons harte sal ons self die gevolge moet dra.

Die Engelse woord vir dit wat tussen mense kan gebeur is “strife” Hierdie deel het ek gelees in een van Selwyn Hugh se boeke: “Treat strife like the plague – as a dangerous foe who will bring destruction if left unconfronted. Learn to recognise the symptoms. Strife is a spirit sent out from hell to bring destruction to every area of your life. Learn to fight against this spirit, and refuse to be fuel for it. Learn to identify the doors through which the spirit of strife will try to enter your life.

Hoe weerstaan ons hierdie baie gevaarlike sonde wat deure na ons siel oopstamp? Deur te begin met selfondersoek. (Ps 26:2,3; Ps 139:23-24; 2 Kor 13:5; 2 Petrus 1:5-7) Dan natuurlik om negatiewe woorde te bely en die Vader se vergifnis en reiniging te aanvaar. En dan vry weg te stap – met toe deure.

Liefdegroete

Anen

Deur | 2018-03-11T17:23:28+00:00 11 Maart, 2018|Kategorieë: Geestelik, Hoekom Suidlanders|