Die naweek van 10 Junie kry ons weer ‘n besoek van ‘n span uit Frankryk wat ‘n dokumentêr kom maak oor rassekonflik in Suid Afrika. Die Suidlanders gaan weer ‘n goeie greep uit die dokumentêr kry.

Ons wil graag vir hierdie rede ‘n lekker groot VBS- en Ontvangsoefening naby Pretoria aanbied. Lede in die area is welkom om dit by te woon. Ons is nog besig om sekere reëlings vas te maak, en sal spoedig weet watter perseel ons hiervoor gaan gebruik.

Intussen kan u met Eric Bornman skakel by 078 502 8816. Eric is in beheer van die reëlings en die naweek oefening. Hy sal oor ‘n paar dae al die fynere besonderhede vir u kan deurgee.

Kom gerus, en geniet ‘n lekker dag saam met die Suidlander familie.