Die toenemende kritiek en aanslae teen die ANC regering wat wyd deur die Doringbos beheerde breёstroom media gepromoveer word, dui op die instelling van ‘n beplande tussentydse regering. Hierdie regering sal direk deur die Westerse ‘establishment’ beheer word. Ons sien herhaaldelik dat die publiek stelselmatig hieraan gewoond gemaak word deur uitlatings van ‘n parallelle regering, onafhanklike vervolgingsgesag, DA oorname, ens.

Die boodskap in hierdie skrywe is eenvoudig.

‘n Doringbos regering kom.

Ons mense gaan verlei word. ‘n Tussentydse regering, nie ‘n opregte Boere-regering nie, gaan aan bewind kom. Die mobilisasie van behoudendes deur AfriForum is die eerste sigbare mobilisasie poging. Reeds kan ons sien dat behoudendes uit naiewiteit hierdie aksie steun. Met begrip vir die onreg van plaasmoorde en met volle simpatie aan die slagoffers en hul geliefdes – hierdie aksies se rede is om weer, soos in die verlede ‘n politieke doel te bereik.

Of u kies om aan hierdie protesaksies deel te neem of nie, weet dit: die Doringbosregering kom, en later, sal ons oudergewoonte sien niks het verander nie.