Suid Afrika het nou finaal sy ereplek op die rommelstatus podium verwerf.  Die implikasies hiervan dra net by tot die onvermydelike langtermyn verval van Suid Afrika in totaliteit.

Soos met soveel ander toestande in Suid Afrika, is ekonomiese agteruitgang ’n waarborg dat ons ons eventueel in totale anargie sal bevind.  Ekonomiese standvastigheid is ’n bestandeel waarsonder stabiliteit nie gehandhaaf kan word nie.  In sekere lande wat nie so geindustrialiseer soos Suid Afrika is nie, is dit nog moontlik. ‘n Land soos Zimbabwe wat ’n meerderheid plattelandse beskawing het en wat minder afhanklik is van stedelike industrieë en dienste soos elektrisiteit, watervoorsiening en diesmeer, kan in sulke omstandighede uithou.

Dit is hoekom die Suidlanders verlede jaar herhaaldelik genoem het dat Zimbabwe nog nie rewolusie-gereed is nie, terwyl al wat ekonoom en politieke analis wolf-wolf geskree het.  In Suid Afrika werk sake anders, met bykans 17 miljoen armes wat op sosiale toelaes staatmaak en met 45 miljoen swartmense wat daagliks water vanaf ons waterwese departement drink, kos by die Spar koop en ‘n toilet spoel wat op rioleringswerke staatmaak, is dinge baie meer “fragile″ as met ons buurlande.

Al hierdie toelaes, dienste en infrastruktuur kos geld,  geld wat gegenereer word uit ekonomiese groei.  Die afgradering van ons kredietstatus het ’n direkte en enorme impak op ekonomiese groei.  Dit maak lenings in die buiteland peperduur en veroorsaak ‘n swak Rand.  Suid Afrika is na die kapitalisering van ons blanke regering uiters afhanklik van invoere waar ons voorheen ‘n netto-uitvoer produksiekapasiteit kon handhaaf, moet ons nou op grootskaal Dollar en Yen-geproduseerde produkte met swak Rande koop.

Die huidige toestand, en die een waarheen ons vinnig oppad is, kan eenvoudig nie die elemente wat stabiliteit baar, bekostig nie. Selfs al sou die bom in die komende maande nie bars nie, is ons probleme gewaarborg op die medium tot langtermyn.  ‘n Moontlike korttermyn blomtydperk kan wel voorkom wanneer die Suid Afrikaanse ‘establishment‘ vir Zuma onttroon, maar dit sal van korteduur wees.  Soos die Woord waarsku in 1 Thes 5:3 “Want wanneer hulle se: vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barendsnood ‘n swanger vrou.“ Bly paraat.