Ons ekonomiese vooruitsigte was nog nooit so sleg soos nou met die impak wat grondonteiening op die ekonomie gaan hȇ nie. Behalwe vir voedselsekerheid en ‘n enorme impak op die ekonomie van die landboubedryf, gaan gekonfiskeerde plase se eienaars nie meer banklenings kan diens nie. Die impak wat dit op die bankwese sal hȇ, asook die beleggersvertroue wat skade gaan lei, gaan drastiese implikasies vir die ekonomie inhou.

Suid-Afrika het oor die laaste byna drie dekades ook ander ongunstige ekonomiese groeitoestande beleef:

Die uiters hoë vlakke van korrupsie en onkundigheid in die staatsdiens het beleggersvertroue geskend en kapitaal wat broodnodig is vir groei, vloei na ander lande pleks van Suid-Afrika.

Arbeidswetgewing maak dit moeilik vir besighede om hul arbeidsmag te beheer, en kies dus ander lande om in te investeer, of brei eenvoudig nie uit nie.

Stakings het enorme inkomste verliese tot gevolg, en dwing in baie gevalle werkgewers om nie-markrelevante loonverhogings toe te staan.

Stakings in sleutel sektore laat ook baie besighede sonder dienste of produkte wat hul benodig vir produksie.

SA se onbestendige elektriese voorsiening verlaag produksie en dienslewering in die privaat sektor.

Streng immigrasie wetgewing hou goedkoop kundigheid weg, terwyl daar byna geen wetstoepassing op swart onwettige immigrante is nie. Hierdie swart ongeskoolde arbeid verhoog dan die druk op werkloosheid en verhoog misdaad.

Verhoogde misdaadsyfers het weer ‘n invloed op investering, asook op stabiliteit en dit verhoog die druk op die regering se sosiale toelae besteding – om net ‘n paar te noem.

Hierdie is net ‘n paar toestande wat tans die ekonomiese groei in SA smoor. Hierby word daar nou al meer op ekonomiese transformasie gefokus. Die regering is al meer onder druk om die ekonomiese sektor wat nog in blanke hande is aan die swart massa beskikbaar te stel, daarom word dit as ‘n radikale grond en eiendom transformasieproses beskryf. Ons weet nog nie wat hierdie radikale stappe alles gaan wees nie, maar ons moet verwag dat u blanke belange nie die begunstigde gaan wees nie.

Hierdie toestande sal natuurik net verdere negatiewe ekonomiese toestande tot gevolg hê. Aangesien die diensrekord van die ANC kaders oor die laaste byna 3 dekades met woorde soos onbevoegdheid, nepotisme, bedrog, onkundig, geldgierig, haatlik teenoor blankes, ens. die beste beskryf kan word, kan daar verwag word dat die situasie nie deur hulle na positief omgekeer sal word nie.

Ons weet ook dat hierdie toestande iewers tot fisiese geweld gaan oorspoel, maar hoe swaar gaan ons moet trek voor dit gebeur? Dinge sal op finansiële front met rasse skrede verswak indien ‘n nasionale gewelddadige toestand om welke rede uitgestel kan word. As ons dus nie grootskaalse anargie sien opvlam in die nabye toekoms nie, sal ons die finansiële krane sien flouer tap, en hiervoor is ‘n spesiale tipe voorbereiding nodig. Ons bespreek more in Deel 2 watter stappe geneem kan word.