Ons ekonomiese vooruitsigte was nog nooit so sleg soos nou met diej verlaging van Suid-Afrika se kredietgradering nie.

Suid-Afrika het oor die laaste 20 jaar baie ongunstige ekonomiese groeitoestande geskep.

  • Die uiters hoë vlakke van korrupsie en onkundigheid in die staatsdiens het beleggersvertroue geskend en kapitaal wat broodnodig is vir groei, vloei na ander lande pleks van Suid-Afrika.
  • Arbeidswetgewing maak dit moeilik vir besighede om hul arbeidsmag te beheer, en kies dus ander lande om in te investeer, of brei eenvoudig nie uit nie.
  • Stakings het enorme inkomste verliese tot gevolg, en dwing in baie gevalle werkgewers om nie-markrelevante loon verhogings toe te staan.
  • Stakings in sleutel sektore laat ook baie besighede sonder dienste of produkte wat hul benodig vir produksie.
  • SA se onbestendige elektriese voorsiening verlaag produksie en dienslewering in die privaat sektor.
  • Streng immigrasie wetgewing hou goedkoop kundigheid weg, terwyl daar byna geen wetstoepassing op swart onwettige immigrante is nie. Hierdie swart ongeskoolde arbeid verhoog dan die druk op werkloosheid en verhoog misdaad.
  • Verhoogde misdaad syfers het weer ‘n invloed op investering, asook op stabiliteit en dit verhoog die druk op die regering se sosiale toelae besteding – om net ‘n paar te noem.
  • Wetgewing wat al minder sekuriteit in eiendomsreg verskaf skrik sakemanne en beleggers af om in besigheidsbelange en eiendom te investeer.

Hierdie is net ‘n paar toestande wat tans die ekonomiese groei in SA smoor. Hierby word daar nou al meer op ekonomiese transformasie gefokus. Die Zuma regering is al meer onder druk om die ekonomiese sektor wat nog in blanke hande is aan die swart massa beskikbaar te stel, daarom word dit nou as ‘n radikale transformasie proses beskryf. Ons weet nog nie wat hierdie radikale stappe alles gaan wees nie, maar ons moet verwag dat u blanke belange nie die begunstigde gaan wees nie.

Hierdie toestande, asook die beplande radikale transformasie proses sal natuurik net verdere negatiewe ekonomiese toestande tot gevolg hê. Aangesien die diensrekord van die ANC kaders oor die laaste 20 jaar met woorde soos onbevoegdheid, nepotisme, bedrog, onkundig, geldgierig, haatlik teenoor blankes, ens die beste beskryf kan word, kan daar verwag word dat die situasie nie deur hulle na positief omgekeer sal word nie.

Ons weet ook dat hierdie toestande iewers tot fisiese geweld gaan oorspoel, maar hoe swaar gaan ons moet trek voor dit gebeur? Dinge sal op finansiële front met rasse skrede verswak indien ‘n nasionale gewelddadige toestand om welke rede uitgestel kan word. As ons dus nie grootskaalse anargie sien opvlam in die nabye toekoms nie, sal ons die finansiële krane sien flouer tap, en hiervoor is ‘n spesiale tipe voorbereiding nodig.

Ons het oor die jare kos voorrade opgebou, kamp toerusting aangeskaf, brandstof, medies, alles wat ons aan kon dink of bekostig. Dit sal wanneer dinge ineenstort ons in die beste posisie plaas om bestuur funksies te kan verrig vir die duisende vlugtelinge wat nie voorbereiding getref het nie. Maar wat as u in finansiële nood begin verkeer voordat hierdie ding fisiese vorm begin aanneem? Die volgende paar riglyne kan u vir sulke omstandighede in ‘n baie voordelige posisie plaas.

  • Begin om u psigies voor te berei vir moeilike finansiële tye. Bespreek die moontlikheid met u familie en vriende en maak seker dat u groep hierdie bedreiging verstaan en die nodige ingesteldheid begin kweek. Om iets te wagte te wees is altyd beter as om onverwags deur moeilike toestande betrap te word. Maak seker dat almal verstaan dat sulke toestande almal (of baie mense) sal raak, en dat dit nie tot u familie beperk sal wees nie. Dit is balangrik aangesien die mens in tye van swaarkry iets moet identifiseer as die oorsaak. As u familie besef dat die toestande in die land die oorsaak is, (iets buite u familie of hegte kring) sal die groep eerder saamstaan en mekaar ondersteun, as om beskuldigings of verwyte te opper.
  • Begin om u besteebare inkomste te vergroot deur meer werk in te neem, of om besigheid uitgawes te sny.
  • Begin om op huishoudelike uitgawes te sny. Kyk waar u kan bespaar. Kan ‘n paar families dalk saam op grootmaat koop? Las saam en koop ‘n bees, pleks van ‘n pakkie vleis by die Spar elke dag. Ry saam werk toe, ruil kinder klere tussen mekaar uit, stort korter, praat korter op die foon, verlaag sakgeld, gooi minder tuin nat, maak self huis skoon en wens die huishulp vaarwel, ens. Om nou te begin sal u gereed maak vir wat kan kom, en u ook met die volgende punte help.
  • Begin ‘n noodfonds opbou. Dit kan u doen deur besparing soos hierbo, of deur van besittings ontslae te raak. As u oorweeg het om daardie boot, ekstra, sport toerusting, vrou se treadmill, ekstra motor of enige ander wit olifante te verkoop, doen dit nou. Sodra ons ekonomiese toestande verswak sal die mark toegegooi word met dinge te koop. Almal sal dan wil ontslae raak, en niemand sal wil koop nie. Dieselfde situasie heers nou in Rustenburg waar mense moet begin verkoop om te leef, maar min mense kan nog geld spandeer en die artikels koop. As die Rustenburg situasie landwyd heers, moes u reeds verkoop het, so doen dit voor die tyd, nie tydens nie.
  • Oorweeg dat die randwaarde skielik kan versleg, of dat banke deur paniek onttrekkings nie u geld aan u sal kan uitbetaal nie. Alhoewel baie spesifieke toestande nodig is om dit te veroorsaak, is dit goed om alle omstandighede te oorweeg. Belê ‘n bedrag in verhandelbare kommoditeite. Iets wat nie in tye van nood waarde verloor nie, of selfs in waarde toeneem. Dink goud, kos, brandstof, gas, ens. Dit kan geruil word, of vir meer verkoop word.
  • Begin om drastiese stappe te bespreek en u moontlik daarvoor te posisioneer. Kan u met familie of vriende ‘n huis deel? Kan u die huis verhuur en na ‘n goedkoper huurhuis trek? Kan u dalk ‘n goedkoop plattelandse eiendom koop, of solank huur en inrig? Moet u dalk nou die BMW vir ‘n Volla verruil (by wyse van spreke).
  • Begin om skuld met agressie te takel, of oorweeg u situasie indien op bates beslag gelê sou word. Het u alternatiewe behuising, vervoer ens.
  • Laastens kan u begin om volksgenote te bemagtig. Begin om besigheid vir volksgenote te gee. Aan wie ken u daardie kontrak toe, wie doen die aanbouings by die huis, wie diens u motor, by watter winkel koop u? Die volksgenoot wat u nou ondersteun kan u weer later steun as dinge skeef loop, die volksvreemde gaan nooit weer vir u tot steun wees nie. Vir die wat dit kan bekostig, gee daardie “werkie” vir die ou in jou groep wat sukkel. Help die outjie wat nie werk het nie. In moeilike tye het ons alle volksgenote nodig, help hom nou om homself te help, en hy is dalk meer werd vir jou later.

Dit is belangrik dat ons in ‘n groep van vertrouelinge hierdie dinge sal bespreek. Die ekonomiese toekoms mag ons dwing om baie radikale stappe te neem tot oorlewing. Wat nou as verregaande mag voorkom kan baie vinnig ‘n realiteit raak. Posisioneer uself en u geliefdes daarvoor, u skuld hulle dit.