Ek lees: “There are two ways to honk a horn. The Christian way cause attention to the situation. The non-Christian way not only cause attention but also what the driver thinks about the situation.” A sign on a car read: “Honk away, it’s your ulcer!”

Wil u ’n stukkie van die Bybel se koerant lees? Ja regtig – dit kan vandag se nuus wees! Lees Habakuk 1:1-4. Hy praat van die onreg wat in die land gepleeg word – geweld, ellende, onderdrukking, getwis, baklei, die Wet het nie meer krag nie en slegte mense het die oorhand gekry.

Habakuk kla by die Vader – blykbaar sonder hoop. Hy het nog nie die insig gehad dat die Vader alles weet en alles reg doen nie. En ook altyd op die regte tyd! Maar skielik besef hy dat ernstige gebed die enigste uitkoms is. In Habakuk 2:1 sê hy: “Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê…

Dan antwoord die Vader in Habakuk 2:3: “Jy moet net geduldig bly wag…” Spreuke 16:32 bevestig wat die Vader vir hom wou verduidelik: “’n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem.”

Daar is sekerheid verbonde aan die Vader se beloftes, as ons glo en geduldig bly wag. Lees Hebr 6:15 “En so het Abraham dan nadat hy geduldig gewag het gekry wat aan hom beloof is.” Jakobus 5:8 sê: “Julle moet ook geduldig wag en moed hou…

Saam met geduld kom volharding. Hebr 5:10, 11 “Broers, neem die profete wat in die naam van die Here gepraat het, as voorbeeld van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het.” (Dis waar die woorde ‘Job se geduld’ vandaan kom)

Nog leeswerk: Rom 12:12; Hebr 10:36; Lukas 21:17.

Die Vader stel die perfekte voorbeeld. 2 Petrus 3:9b: “…Hy is geduldig met julle omdat Hy wil hê dat niemand verlore gaan nie…” Die Amplified sê: “…but He is long-suffering (extraordinarily patient) toward you, not desiring that any should perish, but that all should turn to repentence.

2 Petrus 3:15: “Ek beskou die geduld wat ons Here met ons het, as geleentheid om gered te word.

Liefdegroete

Anen