Dawid was ‘n man van God, en ons kan gerus oor sy optrede besin toe hy gevloek was deur Simeï. Simeï was een van Saul se familielede en het ‘n groot woede in sy siel rondgedra oor hulle moorde. Hy het vir koning Dawid en sy manskappe links en regs onder die klippe gesteek, terwyl hy loop en vloek. Hy het uitgeroep: “Trap, trap hier uit jou moordenaar en jou skurk!

Volgens die Matthew Hendry’s commentary was Dawid totaal onskuldig aan hierdie aantyging. Die manskappe was reg om vir Simeï dood te maak (2 Sam 16:9), maar kyk hoe geduldig en onverstoord bly Dawid onder hierdie belediging en vervloeking. (Vers 11-12)

Om onskuldig aangekla en veral beskinder te word, kan baie pynlik wees. Dit gebeur daagliks om ons. Daarom is skinder so bitter gevaarlik, dit tel byvoegings soos ‘n taai toffie wat in die sand val op, en die vyand kry kans om ook sy stuiwer in die armbeurs te gooi.

Matthew Hendry sê: “See how forward malicious men are to press God’s judgements into the service of their own passion and revenge.” In 2 Sam 19:13 gaan vra Simeï nederig vir koning Dawid om verskoning, en weer spaar Dawid sy lewe.

Lees in Prov 19:11 (NIV) hierdie wonderlike vers “A man‘s wisdom gives hom patience, it is to his glory to overlook an offence.” Hier is ons vers om aan vas te gryp uit die Amplified Bybel: Rom 15:5 : “Now may the God Who gives the power of patient endurance (steadfastness) and Who supplies encouragement, grant you to live in such mutual harmony and such full sympathy with one another in accord with Christ Jesus.

Kom ons neem Kol 1:11 as ons persoonlike gebed: “Mag God wat oor die mag en die heerlikheid beskik, julle versterk en aan julle al die krag gee om in alle omstandighede met geduld te volhard.

Groete, Anen