Gee Sonder Voorbehoud – Saai In God Se Oesland

Dit is onmoontlik vir Satan om te gee, hy kan net vat en gryp. Hy roof ons vrede, ons geloof, ons verhoudings, ens. Orals waar hy ‘n oop deur kry, sal hy ingaan en roof en steel.

Die Vader kan gee, daarom het Hy Sy eniggebore Seun gegee om ons te red en Jesus het op Sy beurt weer Sy lewe gegee.

1 Joh 4:9: “Hierin is die liefde van God aan ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wȇreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. God se liefde word geopenbaar in die gawe van Sy Seun, so word ons liefde ook geopenbaar in ons gawes.” Gee is ‘n noodwendige gevolg van ware liefde.

Jak 1:16,17: “Moenie julleself mislei nie… Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.” Is dit nie ‘n wonderlike skrif nie, Hy is altyd onveranderlik dieselfde.

Ons kan altyd op die Vader se goedheid en gelykmatigheid vertrou. Hy is nie veranderlik, onvoorspelbaar of vol menslike emosies soos ons nie.

In Opb 20:12b staan daar: “Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.” Ons werke lȇ oop en bloot voor die Vader . In Fil 4:18,19 sȇ Paulus dankie vir gawes wat hy ontvang het. “… Julle gawes is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens Sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus.

In Luk 6:38 sȇ Jesus: “Gee en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Lees 2 Kor 9, Paulus beklemtoon in vers 6: “Dink daaraan: Wie karig saai sal karig oes; en wie volop saai sal volop maai.” In vers 7 staan: “…God het ‘n blymoedige gewer lief.

Rom 5:9: “Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Ons mag nie die Vader se ryklike liefde opdam nie. Hoe meer ek gee, hoe meer kry ek.

Met liefde

Anen

Deur | 2018-07-08T17:53:52+00:00 08 Julie, 2018|Kategorieë: Ander, Geestelik, Hoekom Suidlanders|