Nadat die DA Bell Pottinger, die Britse skakelmaatskappy, aangekla het is hulle geskors uit Brittanje se Vereniging vir Skakel en Kommunikasiemaatskappye. Bell Pottinger is deur die Guptas aangestel om die konsep van Wit Monopolie Kapitaal oorheersing in Suid Afrika te promofeer. Dit het natuurlik ‘n ernstige bedreiging ingehou vir Doringbos maatskappye in Suid Afrika.

Hierdie Brits-goedgesinde maatskappye het vinnig teruggekap deur Bell Pottinger in Brittanje uit die Vereniging vir Skakel en Kommunikasiemaatskappye te skors. ‘n Spul Doringbos hand-om-die-blaas maatskappye in die blanke geldmag familie het vinnig saamgespeel toe ‘n reeks maatskappye wat kliënte van Bell Pottinger is, hul dienste beëindig het.

Hieronder is die bankgroep HSBC, die beleggingsmaatskappy Investec, en die maatskappy Richmond. Dit het Bell Pottinger soveel skade berokken dat Lord Bell nou bekend gemaak het dat dit die maatskappy se ondergang sal beteken. Die firma is nou te koop.

Hierdie is ‘n klassieke voorbeeld van hoe Doringbos lakeie vinnig saam knoei om op te tree teen diegene wat vir hulle ‘n bedreiging inhou. Hierdie Babiloniese mag sal tot ‘n einde kom. Die vierkleur sal weer wapper en ons sal eendag vry wees van die verdrukking wat hierdie blankemag nog altyd oor die behoudende toegepas het.