In ‘n interessante artikel deur Julie Beck getiteld “This article won’t change your mind. The facts on why facts alone can’t fight false beliefs,” word die allerdaagse voorkoms van blinde geloof in ‘n bepaalde vooraf opgestelde narratief deeglik ontleed.

Sekere aanhalings in hierdie berig word gekwoteer uit studiestukke en boeke in haar artikel.  In ‘n 1957 boek genaamd “When prophecy fails,” skryf Festinger, Heny Riecken en Stanley Schacter “A man with a conviction is a hard man to change. Tell him you disagree and he turns away. Show him facts or figures and he questions your sources. Appeal to logic and he fails to see your point… suppose that he is presented with evidence, unequivocal and undeniable evidence, that his belief is wrong: what will happen? The individual will frequently emerge, not only unshaken, but even more convinced of the truth of his believes than ever before.

Hierdie onverskrokke geloof in ‘n bestaande denkrigting, het min te make met die feite wat dit ondersteun. Volgens Beck is dit in baie gevalle eerder ‘n identifikasiemiddel van jou lidmaatskap aan ‘n sekere groep. Om te behoort is so ‘n groot oorlewingsbehoefte in die menslike psige dat die feitlikheid van sy oortuiging min daarmee te make het.

Studies toon dat volgelinge van sekere politieke leiers daarop gewys kan word dat hul leiers verkeerde stastistieke in ‘n sekere redenasie gebruik het, sonder dat dit die steun vir daardie leier hoegenaamd aantas. Die behoefte om deel te wees van ‘n groep met ‘n sekere denkrigting oorskadu die belangrikheid van die feitlikheid wat daardie ondersteuning regverdig. Ons sien dit alledaags uitspeel in mense se keuses om ‘n ideologiese standpunt teenoor, of vir, die liberale wêreldbeskouing in te neem.

Twee weke gelede word daar byvoorbeeld ‘n radio onderhoud gevoer met ‘n sekere professor op Radio 702. In hierdie onderhoud vertel die professor baie oortuigend en vol vertroue dat daar geen noemenswaardige verskil tussen verskillende rassegroepe bestaan nie.  Volgens hom word die verskillende kleure in velkleur bepaal deur pigment wat oor honderde jaar as gevolg van minder of meer blootstelling aan die son, gevorm het.

Volgens dié professor, kan daardie pigment op geen manier karakater-, fisiese- voorkoms-, sosiale- of gedragsverskille bepaal nie. Daarom bevind hy dat daar, behalwe vir die pigment, geen verdere verskille tussen rasse is nie.

Die voorkoms van hierdie blinde geloof in ‘n sekere ideologie, het in die laaste paar jaar ekstreme vlakke van selfvernietigende liberale oortuigings bereik. Volgens die skrywer, Nassim Nicholas Taleb, word hierdie probleem bevorder deur neo-liberale denkers wat eerder soortgelyke ideologieё van mekaar bestudeer, as eksterne studies.  ‘n Poging om van die ekstreme ongemak ontslae te raak wat ontstaan wanneer twee kontrasterende stel oortuigings gelyktydig ervaar word.

Die oplossing is dan om spontaan blind vir een van die twee te wees. Ons sien hierdie toestand genaamd “The theory of cognitive dissonance,” soos deur die sosiale sielkundige, Leon Festinger reeds in die 1950’s omskryf, nou plaasvind in byvoorbeeld die ervaring van Europieёrs met die immigrasiekrisis. Liberales daar word gekonfronteer aan die een kant met ‘n skuldgevoel vir hul eie sukses wat net bevredig kan word deur grense oop te gooi vir immigrante, aan die ander kant word hul gekonfronteer met die effek wat dit op hul stabiliteit het deur ‘n massiewe toename in moord en verkragtings. Hierdie mense sal letterlik die statistieke van misdaadvlakke verwerp vir hul lidmaatskap en aanvaarding in die liberale gemeenskap.

In ‘n onlangse arikel in Maroela Media, word die profeet Nicolaas van Rensburg met fynbeplande tautologiese woordspeling as ‘n ‘heilige’ beskryf, maar terselfdertyd word letterlik elke profesie bevraagteken omdat “…aanvanklike werke oor Siener was nie histories bedoel nie – eerder as byvoorbeeld ‘n roman, en baie van die gefabriseerde inligting het hardnekkig in opvolgwerke bly voortleef.

Sy totale bundel van honderde profesieё word dan gereduseer om een hoofboodskap vir die boervolk te gee: Keer terug na God.

Hierdie ontkenning van die waarde wat opgesluit lê in honderde feitlike en onbetwyfelingswaardige profesieё, het ‘n dieper wortel. Wat as daardie profesieё voorspel dat die skrywer die komende stryd teen die opregte boer gaan verloor?

Ons diep gewortelde psigiese behoefte om pynlike feite vir ‘n sprokiesverhaal te verruil, het nog bestaansreg in die liberale oorheersde samelewing van vandag. Dit gaan egter tragies uitdraai in die nabye toekoms. ‘n Profesie het die snaakse gewoonte om hom nie te steur aan of jy aan hom glo of nie.