Geniet Die Sirkus

Dit is so lekker om in vandag se lewe behoudend te wees. Vir jare het die liberales met ‘n redelike gematigde liberale wêreldbeskouing amper ‘n verkoopbare ideologie gehad. Verdunde gif aan ons gevoer, ‘n leuen in elke nuusberig, uitspraak, en kommentaar wat nie so maklik opspoorbaar was nie. Vandag lyk dinge anders.

Die liberale wêreld het ‘n selfvertroue en ‘n momentum ontwikkel. Deesdae kan hulle met die volste selfvertroue die belaglikste uitlatings opper. Vir die eerste keer staan die behoudende op die kantlyn met ‘n breё glimlag en toekyk hoe die liberale wêreld soos gekke rondskarrel om sin te maak van hul eie werke.

Europa word verkrag deur Afrikane. Moord, diefstal, geweld, vier hoogty en die liberales daar sukkel om dit te regverdig, wetend dis ‘n direkte resultaat van hul eie immigrasiebeleid. In Amerika sien mens byna die trane opbou wanneer George Soros kla oor die slegte Trump.

Die VN probeer ‘n reguit gesig hou en verklaar nasionalisme as een van die vyf grootste bedreigings vir wêreldstabiliteit. Helen Zille en FW de Klerk staan in ongeloof en toekyk hoe dieselfde ANC wat hulle uit ‘bondage’ en ‘oppression’ verlos het, nou terughap. Ná Julius Malema gister erken dat mediese dienste onder apartheid beter is as nou, kla Helen Zille in ‘n tweet dat sy nie eers amper so ‘n uitlating kan maak nie. Mens kan haar byna hoor kerm: “ons is dan dieselfde.”

Ons liberale bestel het ‘n ongekende chaos veroorsaak met die komende waterkrisis in die Kaap. Niemand in die media waag dit om die werklike implikasies op skrif te sit nie. Dit klink veels te na aan ‘doomsday’ retoriek. Iets wat behoudendes se handelsmerk geword het.

Die verwarde rondskarrel van eens selfvoldane liberales is sekerlik die oulikste gesig om te aanskou. Tot en met die komende anargie uitbreek, wees paraat, berei voor, sit agteroor en geniet die sirkus.