Daar is weer gerugte wat die rondte doen van ‘n swart aanval wat beplan is vir 6 April. Baie mense doen nou navraag hieroor en is baie bekommerd.

Die probleem met so ‘n skrywe in die sosiale media is dat dit baie moeilik geverifieer kan word. Natuurlik kan ons nie vanuit ‘n amptelike posisie daarop reageer en mense op gereedheid laat kom nie. Ons antwoord op sulke tipe gerugte wat maar van maand tot maand getrou sy opwagting maak, is eenvoudig en tweeledig.

Eerstens moet dit dien as ‘n konstante herinnering dat ons permanent gereed en paraat moet wees. Gebruik hierdie gerugte as ‘n herinnering aan hoe vinnig dinge kan draai, en hoe min tyd ons moontlik gaan hê om te reageer.

Tweedens is dit goeie praktyk om van tyd tot tyd ‘n vlugsituasie en sommer ook jou toerusting, voertuie, en voorbereiding te toets en na te gaan. Dit werk lekker om elke maand of twee ‘n vlugsituasie te simuleer en dan sommer ‘n kampnaweek daarvan te maak.

Is dit nie dan sommer ‘n goeie idee om hierdie kamp oefennaweke te sinkroniseer met die datums van gerugte wat in sosiale media versprei word nie. Dan kry ons gerustheid oor so ‘n datum en bly sommer op ‘n hoёr vlak van gereedheid, twee vlieё met een klap.