Skoon drinkwater gaan in die toekoms wanneer infrastruktuur ineenstort, en kragvoorsiening staak, ‘n groot probleem raak. Daar is talle sonkragpompe beskikbaar en u kan dit as ‘n groep ondersoek.

‘n Ander, en sommiges meen dat dit meer effektief is, is ‘n kragopwekker met ‘n 220V dompelpomp. Die kragopwekker dryf die dompelpomp aan en pomp groot volumes water in ‘n kort tyd uit ‘n boorgat. Ons land is vol boorgate, om een op te spoor is vinnig en met ‘n dompelpomp kan skoon drinkwater vinnig in die hande gekry word.

Aangesien ‘n dompelpomp vinnig pomp, sal die kragopwekker slegs vir ‘n minuut of twee loop en dus baie min brandstof gebruik as dit net vir drinkwater aangewend word.

U groep het net een so ‘n stel nodig om aan almal water te voorsien. Dit is weereens nie ‘n sisteem wat op individuele vlak aangsekaf hoef te word nie. Besluit in die groep oor die spesifikasies en doen self navorsing voor u ‘n dompelpomp-kragopwekker kombinasie aanskaf. Besluit oor die lengte van die pyp, drukhoogte wat die pomp kan lewer, asook kraguitset van die kragopwekker.

Toets die stelsel prakties vir ondervinding en om seker te maak dit werk effektief. Besluit ook in die groep oor die aanskaffing van dromme of groter tenks. Bespreek ook die moontlikheid van hoe om groter hoeveelhede water te vervoer. Daar is heelwat wat gedoen kan word om op groepsbasis die waterprobleem aan te spreek.