Goudveld Kamp

Ons jaarlikse Goudveld kamp vind hierdie jaar plaas op 22 tot 24 September op ‘n plaas buite Hennenman.

  • Al vyf modules van die SL Groepvoorbereiding, naamlik Huis-, Grypsak-, Voertuig- en Sleepwavoorbereiding, asook Konvooi aksies gaan behandel word.
  • Daar gaan ‘n volledige uitstalling wees van die Noodplan departemente.
  • Krav Maga opleiding met messe en stokke.
  • ‘n Aktiwiteitsprogram vir die jongklomp.
  • ‘n Hommeltuig demonstrasie sal sorg vir interessante hoogtepunte.

Hou asb hierdie naweek oop. Die Maandag is ‘n vakansiedag en ons sal Vrydag 22 September om 12h00 begin en Maandag 24 September om 12h00 afsluit.

Varswater toilet- en badgeriewe is  beskikbaar en kampplek is onbeperk.

Kom verbreed jou kennis van die Noodplan en persoonlike voorbereiding, toets jou kamptoerusting en leer die mense ken wat aan jou sy gaan wees en jou rug gaan toemaak wanneer anargie uitbreek.

Vir meer besonderhede kan Jan Fourie gekontak word by 071 007 0250

 

Deur | 2018-08-07T18:56:27+00:00 07 Augustus, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders, Opleiding, Voorbereiding|