Ons Wesrand groep het verlede naweek ‘n onttrekkingsoefening gehou en ons veilige roete gevolg vir die 1st 200km en toe afgedraai in ‘n moontlike veilige area rigting. ‘n Versamelpunt is opgerig waar die konvooi ‘vlugtelinge’ vanaf ‘n nabygeleë dorp onder leiding van Fanie ons ontmoet het.

Die kampterrein langs ‘n rivier was mooi ingerig met netjiese fasiliteite en die groot toegeboude afdak was ideaal vir ons opleiding en uitstallings.

Na aankoms by die kampterrein het almal geëet, waarna daar begin is met Departementele uitstallings. Baie dankie aan Tyra en Margie vir hulle mediese uitstalling. Tyra het baie insiggewende mediese lesing gegee oor hoe jy moet voorberei in terme van mediese behoeftes. Hul aanbieding was ingedeel in drie afdelings, nl. ongevalle, trauma en siekeboeg.

Baie dankie ook aan Cameron vir die lesing oor die Ontvangsdepartement. Hy het mooi verduidelik waaroor Onvangs gaan en die drie afdelings van Ontvangs, nl. Seleksie, Ontvangs en Deurlaatpunte. Die funksionaliteit van deurlaatpunte, en Seleksie is baie goed verduidelik, onder andere dat seleksie nodig is om vlugtelinge in te deel in Departemente waar hul gebruik kan word.

Johan het die VBS uitstalling hanteer met sy vier afdelings ,nl. Monitering, Kartering, Uitsending en Verwerking. Johan het mooi verduidelik hoe die Vlugteling Beheer Sentrum gaan funksioneer.

Hein het die Kommunikasie afdeling hanteer. ‘n Radio toets is gereël na Vanderkloof met die Nasionale Kommunikasie Hoof van die Suidlanders, Nico Engelbrecht. Hulle het ‘n 9m mas opgesit met ‘n HF radio en ons het baie duidelik met Nico gesels oor ‘n ongeveer 400km afstand. Terwyl ons besig was met die toets het iemand van Port Elizabeth met ons gepraat (ongeveer 900km). Hein het ook ‘n lesing gegee oor die verskillende tipes radios wat ons kan gebruik, wat het ons plaaslik, oor langafstand en in konvooie nodig – Baie dankie aan Hein, Glynn en Karin vir hierdie suksesvolle oefening.

Casper het ‘n demonstrasie gegee oor vuurmaaktegnieke en ‘n paar selfgemaakte stofies uit blikke ens. gewys waarin etes met min hout gemaak kan word

Baie dankie aan Gustav wat vir ons ‘n diens kom doen het Sondag oggend. Hy het soos altyd ‘n kragtige en welsprekende boodskap gelewer oor die laaste van 7 gemeentes, naamlik Laodicia.

In Openbaring sê die Vader dat Hy dit ter ere nagee aan die laaste gemeenste dat hulle die geloof behou het, maar wat Hy teen hulle het, is die leer van Balak en Bileam, en daarvan kan ons lees in Joshua waar die Israeliete vermeng het met die Moabiete (kultureel en fisies). Dit kom daarop neer dat die Vader sê dat in die laaste dae gaan hulle die tale, vlae en kulture van ander nasies wil afbreek en een reënboognasie wêreldwyd vorm. Huidiglik is die Nuwe Wêreldorde baie hard aan die werk in Europa en Amerika om hierdie doel van hulle te bereik.

Gustav het ook aangehaal wat die evangelis van Amerika, Roger Teale in ‘93 gesê het: “The problems in South Africa and the anarchy that is coming in South Africa is not the work of the devil, it is the work of God” en hy het die redes genoem hoekom ons onder ‘n strafgerig is, nl. die afdwaling van die volk, die feit dat ons  vermeng het, nie die geloftes hou nie, ens. Al wat ons kan doen is om soos Noag  van ouds ‘n ark te bou, ‘n noodplan in te rig vir daardie dag as die volk op sy knieë kom. Gustav het ook van die profesie gepraat waar die Vader sê Ek sal my volk uitlok in die woestyn. Hoekom moet Hy ons uitlok in die woestyn?  Oom Siener het geprofeteer dat die stede en dorpe in Suid Afrika mettertyd onbewoonbaar sal wees weens die anargie wat hier gaan uitbreek.

Uit Johanna Brandt se visioene wat Gustav aangehaal het, sê sy die anargie wat in SA uitbreek, sal wees soos ‘n vulkaniese uitbarsting. Wanneer hierdie vulkaniese uitbarsting kom, is dit soos daardie skrif in die Woord waar die Vader sê Ek sal my volk uitlok in die woestyn.

Hy sal ons wegvat van die luukshede, die sondes wat so gemaklik en geredelik beskikbaar is, dan gaan Hy ons in die woestyn sit, en daar sal ons op ons knieë kom. Hy het ook gesê dat as die volk daar op hul knieë kom, ons sal word soos oom Siener in sy profesieë sê, die voorspoedigste volk op aarde. Dan sal die Vader ons weer seën, uithelp en oprig.

Ons het heerlik na die tyd saam met Gustav gekuier en hy het ons bemoedig om die vlammetjie aan die brand hou, en genoem dat die ywerige, gewillige en eensgesindheid van almal wat bygewoon het, ‘n riem onder die hart is. Hy is baie tevrede met die vooruitgang wat gemaak is in die Goudveld.

Dan sê ons dankie vir die Vader dat hierdie kamp moontlik was en vir almal wat bygewoon het. Die hele Suidlander Noodplan is deurgetrap, en die volledigheid, effektiwiteit en funksionaliteit kon beproef en gedeel word.

Dankie aan Stephen vir al sy reëlings vir die kampterrein, die hantering van die kantien en vir die lede in sy area wat, danksy hom, deelgeneem het aan hierdie oefening. Laastens ook baie dankie aan al die Goudveld- en Wesrand lede wat bygewoon het.

NS: Hierdie was ‘n oefensimulasie en areas en roetes wat gebruik is, is nie noodwendig dié wat in ‘n vlugsituasie gebruik sal word nie.