Grondgrype

So, Ramaphosa het sy beloftes gestand gedoen en is druk besig om die proses te finaliseer om grond sonder vergoeding te kan vat. Dis nou goedgekeur in die parlement en aanbevelings om die grondwet in lyn hiermee te verander word teen Augustus verwag.

Dit is duidelik dat die blanke gemeenskap baie paniekerig hieroor is en sosiale media is aan die gons. Wat het mense verwag? Ons waarsku dan al vir jare dat SA hierheen oppad is.

Dit is welbekend dat daar in die swart kultuur nooit leё beloftes of dreigemente gemaak word nie. In die swart kultuur is mense meer geneig om ‘n stap van aggressie sonder aankondiging te doen, ‘n soort verrassingselement te behou. Dit is baie anders in die Westerse kultuur waar ‘n dreigement dikwels aangewend word as ‘n afskrikmiddel om so ‘n konflik te vermy.

Hierdie moet ‘n duidelike indikasie vir die blanke gemeenskap van Suid Afrika wees. Die uitsprake van grootskaalse beslaglegging op eiendom en ander sektore is ‘n gegewe. Mense moet hulself hiervoor begin instel en weet dat dit na net een toestand kan lei. Anargie.

Rig uself in, skakel in by die Suidlander Noodplan en wees gereed.