Het Dié Tyd Aangebreek?

Gustav Müller Stigter en Hoof van die Suidlander Inisiatief

Wanneer die massas uitlatings soos hierdie begin uiter: “We are not apologetic for occupying the land. We believe it belongs to us. It was stolen by the whites…” het dié tyd aangebreek waar Suid-Afrika in anargie, rewolusie, burgeroorlog, volksmoord, en ‘n bloedbad sal verval…!

Het dié tyd aangebreek vir nuwe helde om gebore te word… Het dié tyd aangebreek waar elkeen`n keuse sal moet maak… Het dié tyd aangebreek vir die moderne Dawids, Jeftas, Simsons, Gideons, Benajas om elkeen sy deel vir God aan die Suidpunt van Afrika te doen… Het dié tyd aangebreek waar elkeen sy kant sal moet bring om`n volk teen ‘uitwissing’ te red en as dit Sy Wil is, God se eer en koninkryk te herstel…

Het dié tyd aangebreek vir elke opregte om nou tree vir tree hierdie pad saam met my te loop en, as ek in hierdie stryd ter oorlewing van my volk aan die Suidpunt van Afrika sneuwel (en dit sal wees met `n glimlag op my gesig, want soet is die stryd, vir my God en volk), die stryd voort te sit – die oorwinning IS julle s’n!!!

Dié stryd is edel, dié stryd is regverdig, dieselfde stryd wat ons voorvaders gestry het. Dié stryd om vryheid, want ons het dit [vryheid] reeds tot `n mate, en is vinnig oppad (met die onteiening van eiendom) om dit in totaliteit te verloor…

Seën vir elke opregte volksgenoot, mag die vreesloosheid van ons hemelse Vader u vergesel in dié toekoms… U vriend, broer, en mede-volksgenoot. Gustav

Deur | 2018-06-04T16:57:25+00:00 04 Junie, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Beplande Rewolusie, Geestelik, Hoekom Suidlanders, Risiko's in SA, Volksmoord|