Ons het ‘n vorige keer gesels oor hoekom mense ‘n staat van anargie verwag in hierdie land. Oud lede verstaan die konsep, maar vir nuwe lede en belangstellendes begin ons weer by die basiese beginsels.

Hoekom kan anargie in Suid Afrika baie vinniger en baie meer intens voorkom as in sekere ander lande soos Zimbabwe? Suid Afrika het ‘n geweldige hoë populasiedigtheid van amper 50 mense per vierkante kilometer. Hierdie hoë hoeveelhede mense is oor die algemeen werkloos en arm. Met ‘n enorme hoë syfer mense wat onder of naby die broodlyn leef, amper een derde van die populasie wat van sosiale toelaes afhanklik is, en geweldige hoë werkloosheidsyfers, sit ons met ‘n tikkende tydbom. Die gevaar is nie ‘n groot moontlikheid van anargie nie, maar ‘n geweldige hoë intensiteit, en ‘n baie kort opvlammingstyd.

Met so ‘n hoë persentasie van die populasie wat in so ‘n vinnige tydperk sonder basiese dienste en lewensmiddele soos krag, water, sanitasie, kos, ens. kan sit, en wat reeds hoogs gefrustreerd is, swaar kry, in ‘n kultuur van geweld en geweldadige protes verkeer, is die opvlamming wat sal plaasvind geweldadig aggressief.

Hou in gedagte dat uiters hoë vlakke van rasse polarisasie dit net vererger. Die algemene persepsie onder swartmense is dat blankes die oorsaak van swaarkry in SA is. Hulle het ook grond gesteel en besit en beheer nog die ekonomie. Hierdie is daaglikse uitsprake wat deur senior leierskap onder die swart bevolking gemaak word.

Enige vorm van nasionale grootskaalse gewelddadige protes sal blitsvinnig oorgaan tot ‘n gemeenskaplike teikening van die blanke populasie. Ons praat hier van honderde duisende, selfs miljoene wat oornag (in sommige gevalle) doelgerig teen blanke gemeenskappe kan optrek. Die plofbaarheid van omstandighede in Suid Afrika is krities. Die klein woordjie (anargie) lyk veel erger as hoe dit in persepsie ontvang word wanneer vrome liberale ontleders en politici dit los aanhaal.

Anargie behoort u veel banger te maak as wat dit tans doen. Volgende bespreek ons wat daar hieroor te doene is.