Hoe maklik ‘n snelweg onbegaanbaar raak

Ons het onlangs weer ‘n goeie voorbeeld gesien van hoe vinnig ‘n snelweg onbegaanbaar kan raak na ‘n gru-ongeluk op 29 Maart 2019 op die R21 noord naby Nellmapius afrit in Pretoria.
Hierdie tipe inligting is baie belangrik om dit in gedagte te hou wanneer ‘n stad in konflikstyd verlaat moet word. Vir hierdie rede beplan ons stedelike groepe om tydens groepering van alternatiewe roetes gebruik te maak. As een ongeluk die R21 vir die hele middag kan versper, hoeveel te meer nie ‘n klomp protesgangers nie. Tydens ‘n kragnetwerkineenstorting sal die SAPD nie sulke protesgangers/rewolusionêres van die hoofpaaie kan afhou nie.
Daar sal nie ‘n geleentheid wees om om te draai indien mense tydens anargie op snelweë vassit nie en dit sal ook byna onmoontlik wees om deur die massa voertuie te stoot. Meeste mense sal tydens anargie hulle voertuie net so op die snelweg moet los en te voet vandaar beweeg. Daarom is dit belangrik om jou roetes so te beplan dat julle sover moontlik die snelweë kan vermy. Sien die fotos en berigte hieronder. Volgens die een Tweet hieronder was die persoon vanaf 06:40 AM op die R21 vasgekeer. Die pad het eers in die middag omtrent 13:00 PM weer oopgemaak.

Deur | 2019-04-04T19:21:59+00:00 04 April, 2019|Kategorieë: Belangrike Kennisgewing|