Druppel kleinDuisende mense verwag ‘n komende krisis en tye van anargie. Baie mense vra dikwels
hoekom hulle noodwendig by die Suidlanders moet inskakel. Sommige mense berei op hul eie voor, maak hul eie noodplanne of vorm splintergroepe.

In hierdie reeks gaan ons verduidelik hoekom dit belangrik is om by die Suidlander Noodplan inisiatief in te skakel. Die eerste oorwegende faktor is die inligtingsnetwerk wat die Suidlanders opgebou het. Ons lede is so groot in getal en so wyd versprei oor die land dat die kommunikasie via radio, fone en sosiale media ‘n enorme inligtingsnetwerk geraak het. Derduisende lede gesels daagliks deur verskeie kanale en deur ons leierskapstrukture word alle relevante inligting in die struktuur deurgegee na HK.

Hierdie inligtingsnetwerk is so effektief dat daar vandag bykans geen gewelddadige protes kan plaasvind sonder dat ons daarvan weet nie. As daar ‘n weermag konvooi beweeg, VN aktiwiteite plaasvind, politiese groeperings plaasvind of geweld uitbreek in hierdie land, weet ons eerste daarvan.

Om deel te wees van ‘n netwerk wat bewus is van wat in die land aangaan is tot enorme voordeel vir u en u geliefdes se veiligheid.

Skakel in by die Suidlander Noodplan inisiatief en weet verseker dat ons eerste op hoogte van stabiliteitsverval in Suid Afrika sal wees.

Sien gerus die kaart hieronder om u plaaslike verteenwoordiger te vind om aan te sluit.