Druppel kleinMense is beperk in hul beplanningsvermoë deur te dink sover as wat jou oog kan sien en baie gereeld sover as die bekende omgewing in die direkte woongebied of dorpsarea. Baie min mense besef dat die anargie wat in Suid Afrika gaan losbars nie in jou direkte omgewing gaan afspeel nie. Die omvang van geweld en vernietiging gaan oor honderde kilometers strek. Sekere honger massas gaan deur honger, dors of vir veiligheidsredes gedwing word om honderde kilometers af te lê. Massas wat miljoene sterk kan wees.

Vir ‘n groep om binne die skaal van ‘n distrik of selfs provinsie te dink en beplan kan rampspoedig wees. Dit is soos ‘n roeibootjie wat ‘n storm aandurf in die oop see, maar net so vêr as die volgende golf of gety kan dink en beplan. Verbeel uself nou dat u duisende meters bo daardie bootjie kan uitstyg en die hele oseaan kan dophou, duisende bootjies wat teen die storm veg. Selfs die rigting vanwaar die storm vandaan kom, kalmer water en selfs eilande. Deur daardie groter prentjie kan bootjies in die regte rigting gestuur word, bymekaar aansluit en hulp verleen en na veilige plekke gekanaliseer word.

Die Suidlander Noodplan is nasionaal. In tye van anargie maak duisende klein groepies vlugtelinge kontak met mekaar, deel inligting, karteer op nasionale kaarte waar brandpunte, geweld en bedreiging is, asook in watter rigtings daardie bedreigings beweeg. Deur ‘n nasionale netwerk te vorm, raak u bewus van ‘n groter plan selfs buite u dorps- of distriksgebied. Dit gee u ‘n voordeel bo enige ander groep vlugtelinge. Dit maak u bewus van die beste moontlike optrede, selfs lank voordat ‘n bedreiging sigbaar raak vir die blote oog.

Moenie dat u en u groep op die beperkte informasie van u direkte waarneembare omgewing bly nie, nie in tye waar onstabiliteit en anargie op ‘n nasionale skaal plaasvind nie. Skakel in en word deel van daardie nasionale noodplan inisiatief.