Dr. Frans Cronje se onlangse uitlatings het baie groter implikasies as wat meeste mense besef. Eerstens noem hy dat Suid Afrika op ‘n naaldpunt is m.b.t die grondkwessie en hoe die ANC van plan is om dit te hanteer.

Hy sê dat dit ongetwyfeld die intensie van die regering is om uiteindelik eenvoudig grond te vat sonder enige vergoeding. Eers wou die regering 20% van landbougrond bekom, toe 50%, toe word die vlakke van kompensasie in al meer los terme omskryf. Nou word grondonteiening sonder kompensasie algemeen bespreek.

Die interessantheid van sy uitlatings kom egter in by hoe die Doringbos-lakeie deur middel van verskeie rolspelers in die landboubedryf, soos van ouds, die volksgenoot uitverkoop het. Vir jare paai hierdie landbou-unies soos Afriforum die boere met gerusstellende opinies oor hoe die regering nooit net grond sal gryp nie. Hierdie selfde burgerregte-organisasies het, ons, saam met die politici, beloof dat die nuwe SA sal oorloop van melk en heuning. Die nuwe SA loop oor, maar net nie van melk en heuning nie, eerder misdaad, korrupsie, moord, ens.

Volgens Cronje waarsku hy al ‘n geruime tyd dat die gerusstelling vanaf hierdie partye ongegrond, gevaarlik en uiters onverantwoordelik is.  Hy gee toe dat TLU dit verantwoordelik hanteer het, en die waarskuwing erken het. Daarom is TLU ook die enigste instansie waarmee Suidlanders koördineer. Die ander rolspelers het net soos met Kodessa namens ons boere gaan onderhandel, en terwyl ons boere ewe gerus die lande bewerk, het hulle dit onder ons uit beding.

Volgens Cronje moes die onderhandelings eerder gegaan het oor hoe om voedselsekerheid te verseker in plaas van om namens ons boere te besluit watse persentasie van ons hardverdiende landbougrond op die tafel geplaas word.

Net soos met Kodessa, het hulle weer met ‘n verslane houding, geen standpunt ingeneem nie, maar ‘n gees van aanvaarding by die ANC regering geskep oor hoe bereid ons is om weg te gee.

U kan verseker weet dat daardie instansies in ruil hiervoor baie guns by die regering sal losslaan terwyl die munte inrol.

As die blanke geldmag in sy rol as Suid Afrikaanse ‘establishment’ ‘n rede nodig het om die buiteland te wys dat die ANC regering sy legitimiteit verloor, kan hy ‘n grootskaalse grondgryp aksie en die sosio-ekonomiese gevolge daarvan gebruik om dit te regverdig.

Al hierdie rolspelers sal natuurlik terugstaan en met groot simpatie die boere troos, terwyl hulle die ANC met hul Naspers masjien, hiervoor kritiseer en sleg maak. Dit terwyl hulle self die gees geskep het wat daardie proses moontlik gemaak het.

Weereens, net soos in die verlede, laat hierdie naiewe volkie hom kul vir die voordeel van die blanke liberale geldmag. En wees verseker, die tyd sal kom dat hierdie Suid Afrikaanse ‘establishment’ homself vestig in ‘n nuwe Doringbos regering van nasionale eenheid waarin dié wat die waarheid ken, nie sal weet of hulle moet lag of huil nie.

Terwyl die naiewe volksgenote sal juig om van die ANC ontslae te wees, nog ‘n keer verraai deur ‘n spul leiers wat dan ewe vroom weer die leisels neem. Dan sê Siener dat daar ‘n tyd verloop en die volk dan sien niks het verander nie en dan volg ‘n geregverdigde burgeroorlog – dit sal dan die behoudende gelowige wees wie se “skille van hulle oёfgeval het,” teen die ‘establishment van SA.