Die Vader het sy Seun gestuur om aan die kruis vir ons te sterwe sodat daar vir ons redding deur genade kon wees. Ons moet daardie offer aanvaar, ons bekeer en ons lewens aanpas om dit te bewys. (Matteus 3:8-9) Deur die nuwe lewe in die Seun van God kom daar nuwe vrug in ons lewe. (Galasiërs 5:22-23) En moet jy die Vader liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou verstand en jou naaste soos jouself. (Lukas 10:27).

Mag ons gebed wees soos in Filipensie 3:10

“…sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word…”