‘n Interessante paar statistieke is deur die Instituut vir Sekerheidstudies bekend gemaak. Dit handel oor die rasdigtheid en die effek daarvan op stabiliteit. Dit is interessant dat die Instituut waarsku hoe drasties die effek van ‘n hoë jeugdigtheid op stabiliteit is. Die rede hiervoor is eenvoudig, ‘n hoë jeugdigtheid hou ‘n onsigbare gevaar in weens die drastiese toename van die getal jong volwassenes. ‘n Groot populasie aanwas veroorsaak dat daar regoor die land baie kinders in die huis is. Dit het nie ‘n onmiddellike effek op statistieke soos werkloosheid en dienste afhanklikheid nie.

Wanneer hierdie groot kinderpopulasie dan die tydperk van skoolverlaters betree, is die toetrede tot die werksplek buite proporsie groter as in die verlede. Dit veroorsaak ‘n drastiese toename in werkloosheid, behuisingsaanvraag, diensleweringsaanvraag, voedselproduksie, ens.

Wat dit beteken is dat daar vir Suid Afrika met sy onvermoë in die verskaffing van behuising, dienslewering en werksgeleenthede ‘n drastiese toename voorlê in ‘n reeds groot, arm en gewelddadige swart populasie.

In Suid Afrika is meer as 65% van ons bevolking onder die ouderdom van 35. Die totale ouderdomsklas tussen 5 en 9 jaar is reeds 5.7 miljoen in vergeleke met die 2 miljoen Suid Afrikaners tussen 55 en 59 jaar. Net soos met statistieke van ekonomiese agteruitgang, toenemende druk op sosiale toelaes, toename in geweldsmisdade, protesaksies, en so meer dui die populasieverspreiding per ouderdom weereens op ‘n komende onvermoë om stabiliteit in Suid Afrika te behou.

Of dit nou môre is of oor 5 jaar, anargie is onvermydelik.