Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 6

Die ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ reeks is in lyn met die roeping waaronder ons funksioneer. Ons roeping is om u te waarsku as ‘n brandwag teen die gevare wat Satan opgerig het. Hierdie oorlogsverklaring is nie gemaak omdat ons tot die stryd wil toetree nie. Dit is gemaak omdat ons Skepper klaar tot die stryd toegetree het. Vir nou is ons opdrag soos dit altyd was. Waarsku die volk teen die vyand en wees gereed vir ‘n komende tyd waarin die Vader ons mag bemagtig om op te staan. […]

Deur | 20 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 5

Die oorname beplanning Ons het gesien hoe die ANC en NP kort voor die referendum reeds met druk vanaf Amerika en Rusland besluit het om nie die finansiële magte van Suid Afrika te vernietig nie, maar dit op ‘n Westerse bestel verder te bedryf op so ‘n wyse dat die ANC elite ook ingesluit kan word in die groot winste wat dit produseer. Wat die ANC van daardie tyd nie besef het nie, is dat SA infrastruktuur gaan verval, ekonomiese groei gaan stagneer, en stabiliteit gaan afneem weens hul swak bestuur. Dit gaan erg teen die ANC tel. Die wit geldreus het dit besef, en hulself hiervoor geposisioneer. […]

Deur | 19 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 4

Die demokratiese era, en Die Reus In die tagtiger jare het die kommunistiese lande se propaganda veldtog teen die Nasionale Party regering soveel sukses bereik dat dit ernstige invloed op handelsbetrekkinge tussen Suid Afrika en Westerse lande veroorsaak het. Westerse lande kon nie anders as om in lyn met hierdie morele klad wat deur die kommuniste geskep is, te begin optree nie. […]

Deur | 18 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 3

Die Broederbond verrys Toe die behoudende boer die Engelse Geldmag waarneem het hulle teruggekap. Die Broederbond is in 1918 gebore. Met rein ideale het opregtes begin om ‘n netwerk vir selfbemagtiging te begin oprig. In die begin het die Broederbond in opregtheid die boervolk bemagtig. Onder hulle is poste, bevorderings, kontrakte en voorspoed tussen die boervolk gehou en gekoester. […]

Deur | 17 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 2

Die verdrukker word gebore Na die boereoorlog het die Britte hulle ingegrawe in die SA ekonomie. Die oorlog is juis gedryf deur die wens om die skatte van Suid Afrika na die Koningin se skatkamers in Brittanje te skeep. Hierdie begeerte van Brittanje om wortel te skiet in die Suid Afrikaanse rykdomme het al vroeër begin toe enorme diamantvelde in 1868 om Kimberley ontdek is. Dit het die motivering geskep vir Engeland om in die Eerste Boereoorlog op 16 Desember 1880 die Boere Republieke te probeer annekseer. Hierin het Engeland gefaal. Dit was ook die motief vir Cecil John Rhodes om in die myn industrie […]

Deur | 14 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Doringbos Regering, Oorlogsverklaring|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 1

Die volgende reeks bestaan voorlopig uit 5 dele en dit is uiters belangrik dat u die volle reeks lees, verstaan en aan soveel as moontlik kontakte aanstuur. Hierdie 5 skrywes is inderdaad ‘n oorlogsverklaring teen die vyand van die Boervolk. Daar moet baie agtergrond gegee word en ons gaan oor die volgende 5 dae baie geskiedkundige feite en bewyse op die tafel sit sodat u die volle prentjie van ons verdrukking kan verstaan. Aan die einde van die reeks sal dit vir u duidelik raak hoekom die Suidlanders saam met […]

Deur | 13 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Oorlogsverklaring|

‘n Belangrike Reeks

Ongeveer twee jaar gelede het ons ’n reeks genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ gepubliseer. Hierdie reeks was ’n openbaring van kennis en insig aan duisende behoudendes. Ongeveer twee jaar gelede, het die wat met daardie kennis bemagtig is, die vermoë ontwikkel om te identifiseer hoe die liberale blanke magte hulself posisioneer en ’n politieke skuifspel voortsit om hulself te verryk. Dit ten koste van die behoudende nasionalistiese volksgenote wat nie bereid is om hul Bybelse standaarde en waardes prys te gee nie. Hierdie reeks van 7 uitgawes het teweeggebring dat sekere huishoudelike name vandag in algemene gebruik is. Beskrywings soos ‘Die Reus’ en ‘Doringbos regering’ is vandag algemeen bekend wanneer die behoudende volksgenote hierdie geldmag bespreek. Aangesien ons oor die laaste twee jaar ’n oorweldigende volgelingtal bygekry het, is dit hoog tyd dat hierdie ‘nuwe’ lede hulself van die politieke spel vergewis. Ons wil ’n beroep doen op ons ou hande om dit vir kennisname weer deur te lees. Ons wil ook vra dat alle lesers die sewe uitgawes genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ sal aanstuur, Epos, Tweet, Whatsapp en op elke […]

Groter Prentjie

Die politieke speelveld in Suid Afrika is vir baie volksgenote ‘n bietjie meer kompleks as hoe dit lyk. Almal weet dat die regering ‘n totale warboel van wan-administrasie, onvermoë, en korrupsie is. Mens is geneig om twee kampe in die psige te wil vorm. Die pro- en anti-regeringskampe. Onthou dat dit meer kompleks is as dit. Die EFF is sterk anti-regering, maar kan nie in die behoudende kamp geplaas word nie. Daar is inderwaarheid ‘n hele netwerk van kampe. Vir eenvoudigheidsonthalwe gaan ons net weer onderskeid maak tussen die twee hoogs vyandige kampe onder die blanke bevolking.  Kom ons sê daar is ‘n behoudende kamp, en ‘n liberale, goedgeposisioneerde, blanke monopolie kamp. Laasgenoemde noem ons die Doringbos na aanleiding van Nicolaas van Rensburg se profesie dat ‘n blanke geldmag-regering weer aan bewind gaan kom, een wat lyk soos ons (blankes), maar nie Boereharte het nie. Oor die laaste paar dae was die graad van felheid waarmee die Doringbos-media aanvalle teen Zuma en die regering geloods het, weer opvallend. Mens wil dadelik saampraat, saamstem, en jou bykans daarmee vereenselwig. […]

Gemeenskaplike Vyand

Media berig: Lede van die EFF het die gebou bestorm waar ‘n nasionale dialoog van onder meer die Thabo Mbeki-stigting, die Helen Suzman-stigting en die F.W de Klerk-stigting plaasvind. Kort nadat lede van die EFF die gebou in Parktown in Johannesburg bestorm het, het polisieversterkings opgedaag. Die EFF sê hulle wil ook deelneem aan die gesprekke oor die politieke krisis in die land. Die voormalige presidente F.W de Klerk, Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe het tydens die byeenkoms gevra dat ware leiers na vore moet tree om die krisis op die los. Die EFF-lede het die gebou bestorm kort nadat die EFF-leier, Julius Malema getwiet het dat De Klerk verbied moet word om aan die verrigtinge deel te neem. Bykans twee jaar gelede het ons Die Reus as die blanke geldmag in Suid Afrika geopenbaar. Die gevolg daarvan raak nou duidelik sigbaar. In die berig hierbo, kan u duidelik sien hoe die vyandigheid tussen die rewolusionêr en die Suid Afrikaanse ‘establishment’ opvlam. Die EFF toon hierdie vyandigheid omdat hulle die blanke geldmag met sy anderskleurige gekoopte komponente […]

Deur | 06 Mei, 2017|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Belangrike Ontleding, Die Reus, Hoekom Suidlanders, Politiek|

Doringbos

Die Suid Afrikaanse blanke ‘establishment’ is hard besig om in die media die grond voor te berei vir ‘n nuwe regering. Dit is asof alles wat anti-Zuma is, dieselfde taal begin praat. Nuus24 berig vandag hoe dit nie net Zuma is wat die staat kaap nie, maar die hele ANC, en sinspeel dan daarop dat [...]