Doringbos regering in wording

Pretoria - The Democratic Alliance is preparing for a DA-led national coalition government to take over from a "broken" African National Congress after the 2019 elections, DA leader Mmusi Maimane said on Sunday. Speaking to journalists in Pretoria after the DA's three-day federal council meeting he said the “Road to 2019” was now well and [...]

Deur | 17 Oktober, 2017|Kategorieë: Belangrike Kennisgewing, Belangrike Ontleding, Doringbos Regering|

Suidlanders Verklaar Oorlog – Deel 2

Die verdrukker word gebore Na die boereoorlog het die Britte hulle ingegrawe in die SA ekonomie. Die oorlog is juis gedryf deur die wens om die skatte van Suid Afrika na die Koningin se skatkamers in Brittanje te skeep. Hierdie begeerte van Brittanje om wortel te skiet in die Suid Afrikaanse rykdomme het al vroeër begin toe enorme diamantvelde in 1868 om Kimberley ontdek is. Dit het die motivering geskep vir Engeland om in die Eerste Boereoorlog op 16 Desember 1880 die Boere Republieke te probeer annekseer. Hierin het Engeland gefaal. Dit was ook die motief vir Cecil John Rhodes om in die myn industrie […]

Deur | 14 Julie, 2017|Kategorieë: Die Reus, Doringbos Regering, Oorlogsverklaring|

‘n Belangrike Reeks

Ongeveer twee jaar gelede het ons ’n reeks genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ gepubliseer. Hierdie reeks was ’n openbaring van kennis en insig aan duisende behoudendes. Ongeveer twee jaar gelede, het die wat met daardie kennis bemagtig is, die vermoë ontwikkel om te identifiseer hoe die liberale blanke magte hulself posisioneer en ’n politieke skuifspel voortsit om hulself te verryk. Dit ten koste van die behoudende nasionalistiese volksgenote wat nie bereid is om hul Bybelse standaarde en waardes prys te gee nie. Hierdie reeks van 7 uitgawes het teweeggebring dat sekere huishoudelike name vandag in algemene gebruik is. Beskrywings soos ‘Die Reus’ en ‘Doringbos regering’ is vandag algemeen bekend wanneer die behoudende volksgenote hierdie geldmag bespreek. Aangesien ons oor die laaste twee jaar ’n oorweldigende volgelingtal bygekry het, is dit hoog tyd dat hierdie ‘nuwe’ lede hulself van die politieke spel vergewis. Ons wil ’n beroep doen op ons ou hande om dit vir kennisname weer deur te lees. Ons wil ook vra dat alle lesers die sewe uitgawes genaamd ‘Suidlanders Verklaar Oorlog’ sal aanstuur, Epos, Tweet, Whatsapp en op elke […]

Groter Prentjie

Die politieke speelveld in Suid Afrika is vir baie volksgenote ‘n bietjie meer kompleks as hoe dit lyk. Almal weet dat die regering ‘n totale warboel van wan-administrasie, onvermoë, en korrupsie is. Mens is geneig om twee kampe in die psige te wil vorm. Die pro- en anti-regeringskampe. Onthou dat dit meer kompleks is as dit. Die EFF is sterk anti-regering, maar kan nie in die behoudende kamp geplaas word nie. Daar is inderwaarheid ‘n hele netwerk van kampe. Vir eenvoudigheidsonthalwe gaan ons net weer onderskeid maak tussen die twee hoogs vyandige kampe onder die blanke bevolking.  Kom ons sê daar is ‘n behoudende kamp, en ‘n liberale, goedgeposisioneerde, blanke monopolie kamp. Laasgenoemde noem ons die Doringbos na aanleiding van Nicolaas van Rensburg se profesie dat ‘n blanke geldmag-regering weer aan bewind gaan kom, een wat lyk soos ons (blankes), maar nie Boereharte het nie. Oor die laaste paar dae was die graad van felheid waarmee die Doringbos-media aanvalle teen Zuma en die regering geloods het, weer opvallend. Mens wil dadelik saampraat, saamstem, en jou bykans daarmee vereenselwig. […]

Hou Vas Jou Stoel Die Rit Raak Rowwer

Hierdie is ‘n baie interessante skrywe vanaf Front Nasionaal. Alhoewel ons mandaat verskil van hulle s’n, verduidelik dit die nuwe rewolusionêre denkrigting van die regering baie goed. Hou vas jou stoel – die rit raak rowwer deur Hannes Engelbrecht – Front Nasionaal Die ANC hou van 30 Junie tot 5 Julie ‘n nasionale konvensie by Galacher Estates in Midrand. Hier gaan die “National Democratic Revolution” bespreek word. Die besprekingsdokument vir hierdie sosialistiese, kwalik-bedekte kommunistiese byeenkoms voorspel niks goeds vir […]

Doringbos

Die Suid Afrikaanse blanke ‘establishment’ is hard besig om in die media die grond voor te berei vir ‘n nuwe regering. Dit is asof alles wat anti-Zuma is, dieselfde taal begin praat. Nuus24 berig vandag hoe dit nie net Zuma is wat die staat kaap nie, maar die hele ANC, en sinspeel dan daarop dat [...]

Die Zuma Sage

Zuma se kabinetskommeling het omtrent ‘n hêrrie veroorsaak. Die hewige reaksie vanaf die Suid Afrikaanse ‘establishment,‘ (en grootliks deur middel van blanke geldmag beheerde media kanale,) gaan oor veel meer as net ‘n onbevoegde president met vernietigende besluite en uitsprake.  Die werklike bedreiging vir hulle (die establishment,) is nie soseer ekonomies of vir politiese stabiliteit nie. Inderwaarheid is die finansiële impak en tesouriekaping ‘n tweede motief vir die massa mobilisasie wat tans in opbou is.  Organisasies en instansies soos Afriforum, Solidariteit, die DA, SaveSA, Corruption Watch, R2K, Kerkgroepe, die Helen Suzman Foundation, die FW de Klerk stigting, ens. het almal in gedagte om ‘n klimaat te skep waarin die oprigting van ‘n nuwe regering van Nasionale Eenheid die morele hoëgrond verdien.  […]

Hulle Verlei Ons Weer

Dr. Frans Cronje se onlangse uitlatings het baie groter implikasies as wat meeste mense besef. Eerstens noem hy dat Suid Afrika op ‘n naaldpunt is m.b.t die grondkwessie en hoe die ANC van plan is om dit te hanteer. Hy sê dat dit ongetwyfeld die intensie van die regering is om uiteindelik eenvoudig grond te vat sonder enige vergoeding. Eers wou die regering 20% van landbougrond bekom, toe 50%, toe word die vlakke van kompensasie in al meer los terme omskryf. Nou word grondonteiening sonder kompensasie algemeen bespreek. Die interessantheid van sy uitlatings kom egter in by hoe die Doringbos-lakeie deur middel van verskeie rolspelers in die landboubedryf, soos van ouds, die volksgenoot uitverkoop het. Vir jare paai hierdie landbou-unies soos Afriforum die boere met gerusstellende opinies oor hoe die regering nooit net grond sal gryp nie. Hierdie selfde burgerregte-organisasies het, ons, saam met die politici, beloof dat die nuwe SA sal oorloop van melk en heuning. Die nuwe SA loop oor, maar net nie van melk en heuning nie, eerder misdaad, korrupsie, moord, ens. […]

Politieke Veranderinge

Julius Malema het gister bekend gemaak dat hy met die DA in samesprekings is oor, en van voorneme is om moontlik met die DA se ondersteuning, uit die Parlement te onttrek. Volgens hom is sy plan dan moontlik om hom na die hof te wend om ‘n aansoek in te dien dat die Parlement ontbind, aangesien daar dan nie ‘n kworum is nie. Volgens ons adviseurs sal dit slegs slaag as genoeg ANC LP’s hierby aansluit sodat ‘n meerderheid stem vir die ontbinding van die Parlement vra. Daar kom tans baie gemengde opinies vanaf kenners deur rakende die moontlikheid van so ’n ontbinding, al dan nie. Die werkbaarheid van sy plan is egter nie hier regtig ter sprake nie. Waarop ons wel let, is die denkrigting waarin sekere partye nou begin beweeg. […]

Partye Tot Die Konflik

Edward Zuma Die wat dink dat net Suidlanders in verwagting van ‘n volskaalse rewolusie is, dink weer. Dit is duidelik dat daar verskeie partye is wat reeds goed ingelig en oor baie besonderhede beskik rakende die verwagte komende tyd van anargie. Edward Zuma, Jacob Zuma se seun, het gister in geen onduidelike terme uitgespel hoe hy die komende gewelddadige konflik sien plaasvind nie. Volgens Zuma (Edward) is die blanke geldmag besig om sy hand te oorspeel met die arm massas. Hy sluit swart leiers, wat uit onderhandelinge met wit monopolie kapitaal voordeel getrek het, hierby in. Hy beskryf ‘n klassieke toenemende populisme onder die swart massas. Wie is die swart leier wat, as sy […]