Natuurrampe

Die vloede wat ons gister in Durban gesien het, dien as nog ‘n sterk herinnering van hoe onvoorspelbaar natuurrampe kan wees. Ons het dieselfde gesien met die droogtes wat Suid Afrika al vir etlike jare teister. Met ‘n onstabiele sosiale samelewing gepaardgaande met hoë vlakke van werkloosheid en armoede, heers daar reeds ‘n klimaat van [...]

Risiko’s in SA – Deel 7

Kragvoorsiening Dit is algemeen bekend dat swaar tye innovasie stimuleer. Talle ontleders het in die verlede al gewaarsku teen die gevare van die ‘goeie tye’. In hierdie tye laat ‘n samelewing na om planne te beraam en gereed te maak vir moeilike tye. Alhoewel byna elke deel van Suid Afrika se politiese, sosiale, ekonomiese en infrastruktuur entiteite onder druk verkeer, is dit effe anders met kragvoorsiening. Swak ekonomies groeitoestande het veroorsaak dat daar ‘n baie lae aanvraag vir krag bestaan. Weens die swak ekonomie, bespaar mense krag en sluit besighede wat in groeitoestande groot hoeveelhede krag vir produksie sou […]

Risikos in SA – Deel 4

Ekonomie Min mense besef die gevare wat swak ekonomiese toestande vir stabiliteit inhou. Onstabiliteit word gedryf deur ongelukkige arm massas. Daar is ‘n groot verskil tussen die verwagte stabiliteitstoestande van ‘n arm land en dié van ‘n ryk land wat verarm. Die bepalende faktor in ‘n oorgang tot anargie is nie soveel hoe mense krepeer nie, maar eerder die verandering in die verwagting van massas. Mense het ‘n ongelooflike vermoë om omstandighede te aanvaar as jy reeds daaraan gewoond is. Kenners sê egter dat die besef dat omstandighede gaan verander, egter baie gevaarliker is. In Suid Afrika is daar wel miljoene armes, maar wanneer hulle besef dat hulle omstandighede drasties gaan versleg, […]

Risiko’s In SA – Deel 3

Voedselsekerheid Na die onlangse droogtes het voedselsekerheid weer die onderwerp van bespreking geword. Daar is egter veel meer gevare as net die risikos wat natuurtoestande skep. Hierdie droogtetye, brande, vloede, en soortgelyke toestande laai  ’n bestaande voedselsekerheidsrisiko net meer.  Die grootste risiko bly egter die regering se onwilligheid om die landboubedryf te prioritiseer. Ons het dit gesien in die afwesigheid van droogtehulp wat aan boere gebied is.  Dit raak ook duidelik wanneer ons kyk na die manier waarop die regering plaasmoorde totaal ignoreer. Wanneer ‘n konfrontasie of insident voorkom tussen boere en swartmense, word daar uitermatig aggressief teen die blankes opgetree. Daar is ‘n duidelike, sigbare aggressie teen die blankes wat al meer byna simbolies in aggressie teen boere vertoon word. Die landbougemeenskap word al meer deur die regering gedemoniseer. Landbouproduksie lei swaar hieronder. […]

Kruitvat

Ons kry somtyds interessante navrae. Onlangs het ‘n paar mense genoem dat dit voorkom asof onstabiliteit stelselmatig toeneem eerder as ‘n komende uitbarsting van anargie. Daar is selfs mense wat hierdie argument gebruik om nie meer voor te berei nie, aangesien dit dan ‘n teken is dat grootskaalse anargie nie te wagte is nie. Dis ‘n uiters roekelose en onlogiese siening. Natuurlik gaan dinge stelselmatig agteruit. In ‘n land soos Suid Afrika bereik agteruitgang ‘n versadigingspunt waarin die een diens wat noodsaaklike lewensmiddele verskaf, die ander laat begin ineenstort. Daardie vlak van ineenstorting gebeur dan so vinnig dat dit byna eensklaps gebeur. Kom ons noem ‘n paar voorbeelde van hoe hierdie proses ‘n drastiese versnelling ondergaan. […]

SA Op Verhoogde Risiko

Die Fragile States Index (FSI) is ‘n jaarlikse takseringindeks wat stabiliteit in 178 lande bepaal. Hierdie indeks word vasgestel uit verskeie faktore wat stabiliteit bereken, en word weergegee deur ‘n faktor tussen 0 en 100. Faktore soos ekonomiese stabiliteit, effektiwiteit van sekerheidsdienste, stabiliteit onder die populasie en ‘n land se leierskap, word ondersoek om ‘n stabiliteitsfaktor aan ‘n land toe te ken. Suid Afrika het oor die laaste tien jaar drasties verswak in sy stabiliteit, en het nou ‘n “verhoogde waarskuwing” status bereik. Die stabiliteitsfaktor van 72.3 het vanaf 2007 verswak met 14.9 punte.  Slegs Senegal het ‘n meer onstabiele toestand as Suid Afrika onder alle lande wat nie tans in konflik of burgeroorlog verkeer nie. Die FSI waarsku: “Over the long term [South Africa’s] economic decline indicator in worsening from 2.8 in 2007 to 7.1 in 2017, has reflected the severe economic challenges facing the country.” […]

Groter Prentjie

Die politieke speelveld in Suid Afrika is vir baie volksgenote ‘n bietjie meer kompleks as hoe dit lyk. Almal weet dat die regering ‘n totale warboel van wan-administrasie, onvermoë, en korrupsie is. Mens is geneig om twee kampe in die psige te wil vorm. Die pro- en anti-regeringskampe. Onthou dat dit meer kompleks is as dit. Die EFF is sterk anti-regering, maar kan nie in die behoudende kamp geplaas word nie. Daar is inderwaarheid ‘n hele netwerk van kampe. Vir eenvoudigheidsonthalwe gaan ons net weer onderskeid maak tussen die twee hoogs vyandige kampe onder die blanke bevolking.  Kom ons sê daar is ‘n behoudende kamp, en ‘n liberale, goedgeposisioneerde, blanke monopolie kamp. Laasgenoemde noem ons die Doringbos na aanleiding van Nicolaas van Rensburg se profesie dat ‘n blanke geldmag-regering weer aan bewind gaan kom, een wat lyk soos ons (blankes), maar nie Boereharte het nie. Oor die laaste paar dae was die graad van felheid waarmee die Doringbos-media aanvalle teen Zuma en die regering geloods het, weer opvallend. Mens wil dadelik saampraat, saamstem, en jou bykans daarmee vereenselwig. […]

Knysna Situasie

Oor die afgelope paar dae het ons gesien hoe brande, gepaardgaande met stormsterkte winde  aan die suidkus, sekere dorpe in oorlewingstoestande gedompel het. Ons innige simpatie aan almal wat verliese gelei het. Terwyl ons almal die ‘preppers‘ programme tong in die kies sit en kyk, oortuig almal hulself dat dit tog nooit regtig prakties waarde gaan toevoeg in ‘n lewenssituasie nie. Dan druk ons die P+ knoppie op die ‘remote‘ om nuus te kyk en sien hoe ‘n hele dorp noodgedwonge en totaal sonder amptelike instruksie spontaan ontruim word. Dit oor ‘n weghol brand wat enkele dae voorheen nie voorspel kon word nie. Die gespanne polities toestand in Suid-Afrika is voorspelbaar onstabiel. Die ekonomiese inkrimping stuur grafieksgewys op onheilspellende tye af. Die sosiale gewelddadigheid het reeds ‘n kantelpunt bereik. Ons infrastruktuur kan lankal nie byhou by aanvraag nie. Die rassespanning tussen swart en wit is tasbaar ‘n werklikheid.  Dit op die SA tafel gee ons die vooruitsig van ‘n onmiskenbare Knysna wegholbrand in nasionale terme, en tog bly die tong in die kies? […]

Afrika Styl

Professor Chris Malikane , adviseur van Finans Minister Malusi Gigaba Vir meeste swart leiers is dit moeilik om op die vlak van die Westerling na regeringsake te kyk. Hierdie is ‘n algemene probleem onder Afrikane. Mens sou wonder hoe Mugabe homself steeds as ‘n suksesvolle staatshoof sien. Die realiteit is dat hy doen. Baie politieke figure en sleutelpersone in die regering het dieselfde beperking op hul interpretasie van sukses. Dit is letterlik so dat ‘n totale ineenstorting van die ekonomie, infrastruktuur en stabiliteit deur hulle as ‘n stap gesien word tot ‘liberation.’ Dit word nou weer bewys deur die Finans minister, Malusi Gigaba se adviseur, Prof Chris Malikane, wat die bostaande woord vir woord so bevestig. “It’s true that this country will plunge [into crisis] and become like Venezuela and Zimbabwe. India went through the same pain. Do you think to transform is going to be nice?” […]

Hou Vas Jou Stoel Die Rit Raak Rowwer

Hierdie is ‘n baie interessante skrywe vanaf Front Nasionaal. Alhoewel ons mandaat verskil van hulle s’n, verduidelik dit die nuwe rewolusionêre denkrigting van die regering baie goed. Hou vas jou stoel – die rit raak rowwer deur Hannes Engelbrecht – Front Nasionaal Die ANC hou van 30 Junie tot 5 Julie ‘n nasionale konvensie by Galacher Estates in Midrand. Hier gaan die “National Democratic Revolution” bespreek word. Die besprekingsdokument vir hierdie sosialistiese, kwalik-bedekte kommunistiese byeenkoms voorspel niks goeds vir […]