Risiko’s in SA – Deel 7

Kragvoorsiening Dit is algemeen bekend dat swaar tye innovasie stimuleer. Talle ontleders het in die verlede al gewaarsku teen die gevare van die ‘goeie tye’. In hierdie tye laat ‘n samelewing na om planne te beraam en gereed te maak vir moeilike tye. Alhoewel byna elke deel van Suid Afrika se politiese, sosiale, ekonomiese en infrastruktuur entiteite onder druk verkeer, is dit effe anders met kragvoorsiening. Swak ekonomies groeitoestande het veroorsaak dat daar ‘n baie lae aanvraag vir krag bestaan. Weens die swak ekonomie, bespaar mense krag en sluit besighede wat in groeitoestande groot hoeveelhede krag vir produksie sou […]

Gesamentlike Voorbereiding – Deel 3

Skoon drinkwater gaan in die toekoms wanneer infrastruktuur ineenstort, en kragvoorsiening staak, ‘n groot probleem raak. Daar is talle sonkragpompe beskikbaar en u kan dit as ‘n groep ondersoek. ‘n Ander, en sommiges meen dat dit meer effektief is, is ‘n kragopwekker met ‘n 220V dompelpomp. Die kragopwekker dryf die dompelpomp aan en pomp groot volumes water in ‘n kort tyd uit ‘n boorgat. Ons land is vol boorgate, om een op te spoor is vinnig en met ‘n dompelpomp kan skoon drinkwater vinnig in die hande gekry word. Aangesien ‘n dompelpomp vinnig pomp, sal die kragopwekker slegs vir ‘n minuut of twee loop en dus baie min brandstof gebruik as dit net vir drinkwater aangewend word. U groep het net een so ‘n stel nodig om aan almal water te voorsien. Dit is weereens nie ‘n sisteem wat op individuele vlak aangsekaf hoef te word nie. Besluit in die groep oor die spesifikasies en doen self navorsing voor u ‘n dompelpomp-kragopwekker kombinasie aanskaf. Besluit oor die lengte van die pyp, drukhoogte wat die pomp kan lewer, asook kraguitset van die kragopwekker. […]

Kruitvat

Ons kry somtyds interessante navrae. Onlangs het ‘n paar mense genoem dat dit voorkom asof onstabiliteit stelselmatig toeneem eerder as ‘n komende uitbarsting van anargie. Daar is selfs mense wat hierdie argument gebruik om nie meer voor te berei nie, aangesien dit dan ‘n teken is dat grootskaalse anargie nie te wagte is nie. Dis ‘n uiters roekelose en onlogiese siening. Natuurlik gaan dinge stelselmatig agteruit. In ‘n land soos Suid Afrika bereik agteruitgang ‘n versadigingspunt waarin die een diens wat noodsaaklike lewensmiddele verskaf, die ander laat begin ineenstort. Daardie vlak van ineenstorting gebeur dan so vinnig dat dit byna eensklaps gebeur. Kom ons noem ‘n paar voorbeelde van hoe hierdie proses ‘n drastiese versnelling ondergaan. […]

Elektrisiteitskrisis

‘n Hernude elektrisiteitskrisis is aan die broei. Baie mense is deur die afskaffing van beurtkrag verkeerdelik gerus gestel. The electricity supply network in SA is heading for failure unless the Department of Energy, electricity utility Eskom, and city and town councils can find ways to fast-track infrastructure rehabilitation and new installation. “No doubt about it,” says sector specialist Melusi Maposa. “Our failing electricity distribution infrastructure is seriously putting SA’s economic growth at risk. If the lights went out in the past 12 months, then it was a distribution failure, not load shedding,” says Maposa, MD of resources at Accenture Management Consulting. http://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2017-01-12-electricity-distribution-on-the-verge-of-crisis/ […]

Huisvoorbereiding

Ons mense is oor die algemeen goed voorberei vir ‘n vlugteling- of ontruimingssituasie. Hierdie is ‘n onderwerp wat nog min bespreek is, maar vandag wil ons na huisvoorbereiding kyk. Lank voor ons ons in die “vulkaniese uitbarsting,” soos Johanna Brandt dit beskryf bevind, of die “donker tyd” waarvan oom Nicolaas gepraat het, kan ons reeds tekens van ’n komende duisternis beleef. Hoe rig u u woning in wanneer dinge begin in duie stort en u nie u woonplek verlaat nie? Dit klink dalk kontrasterend met die konsep van ontruiming, maar daar is steeds omstandighede en toestande waarin u vir ‘n tyd moontlik steeds in u huis kan bly. Dit is kardinaal om hierdie konsep in die regte konteks te verstaan. Hier word op geen wyse aanbeveel of voorgestel dat u langer as nodig in u huis bly nie. Hoe vinniger mense reageer, hoe kleiner die kanse om vasgekeer te word in ‘n gevaarlike gebied. […]

Wat gebeur as die krag landswyd afgaan. Praktiese Wenke – Deel 6

Onmiddelike Optrede met Nasionale Kragineenstorting Verskillende areas in Suid Afrika, of dit op die platteland is, klein dorpies of in groter stede, vereis verskillende optrede en oudergewoonte herinner ons u dat die keuse altyd is of om dadelik uit te beweeg na veilige plekke, of om vir ‘n tyd lank te bly. Nie net die grootte van die dorp of stad is hier die bepalende faktor nie, maar ook waar dit geleë is in Suid Afrika. Sekere dele van die land mag dalk baie lae populasiedigtheid hê, maar kan afgesny en baie vinnig oorstroom word deur rewolusionêres en swart massas en kan net so maklik afgesny word van veilige areas. […]

Deur | 25 Februarie, 2015|Kategorieë: Eskom, Voorbereiding, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: , |

Wat gebeur as die krag landswyd afgaan. Praktiese Wenke – Deel 5

Die volgende praktiese wenke geld vir ‘n nasionale  kragineenstorting. Hou in gedagte dat hierdie ook van toepassing is indien u in kleiner dorpies in die platteland woon. Die artikel is dus nie bedoel om u te oortuig om nie ‘n groot dorp of stad te verlaat nie. Sommige sulke kleiner dorpies is dalk reeds in veilige gebiede, of kan vir ‘n redelike lang tyd na ‘n nasionale kragonderbreking nog stabiel wees. Die beste optrede bly altyd om areas van hoë populasie en infrastruktuur te verlaat. Verder sal u vind dat baie van die voorbereidingswenke vir nasionale kragonderbreking oorvleuel met normale voorbereiding vir anargie en onttrekking. Ons fokus in hierdie […]

Deur | 23 Februarie, 2015|Kategorieë: Belangrike Ontleding, Eskom, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: |

Wat gebeur as die krag landswyd afgaan – Deel 4

Kommunikasie Talle kommunikasie diensverskaffers het rugsteun stelsels, selfoontorings het batterye en sonpanele om te verseker dat kommunikasie vanaf enkele ure tot etlike dae steeds werkend sal bly. Die probleem is nie kragvoorsiening aan hierdie stelsels nie, die skielike ineenstorting van kragvoorsiening op nasionale vlak sal veroorsaak dat mense die kommunikasiestelsel sal oorlaai. Aangesien dit ‘n bedreiging inhou vir die verskaffing van nooddienste, asook die […]

Deur | 19 Februarie, 2015|Kategorieë: Belangrike Ontleding, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: , |

Wat gebeur as die krag landswyd afgaan – Deel 3

Die misdaad faktor Daar is hoofsaaklik twee elemente wat dien as motivering vir enige persoon om te neig na kriminele optrede. Die een is geleentheid en die ander is risiko. Wanneer mense, veral arm gemeenskappe hierdie twee geleenthede gebied word, sal uiters min dit nie benut nie. Wanneer mense op grootskaal besluit om ‘n stad te verlaat, laat hulle duisende voertuie onbeman op paaie agter en duisende families laat huise onbewaak agter. Dit skep die perfekte geleentheid vir armes om hul arm […]

Deur | 18 Februarie, 2015|Kategorieë: Belangrike Ontleding, Eskom, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: , |

Wat gebeur as die krag landswyd afgaan – Deel 2

Paaie – Dit is belangrik om te onderskei tussen vier verskillende situasies. Eerstens sal die toestand in groot stede baie anders wees as in klein plattelandse dorpies. Anders as daar, sal die verkeer in stede baie vinnig tot stilstand kom, selfs sonder enige blokkasie van paaie of tekens van geweld. Waar die verkeer in groot stede onder normale omstandighede alreeds druk besig is, sal dinge nou veel erger wees. Verkeersligte sal dadelik af wees. By opritte van hoofpaaie en snelroetes sal die verkeer begin opbou en opdruk tot ver binne snelweë. Dit sal veroorsaak dat die verkeersvloei op […]

Deur | 17 Februarie, 2015|Kategorieë: Belangrike Ontleding, Eskom, Wat gebeur as die krag landswyd afgaan.|Sleutelwoorde: , |