Ons kry somtyds interessante navrae. Onlangs het ‘n paar mense genoem dat dit voorkom asof onstabiliteit stelselmatig toeneem eerder as ‘n komende uitbarsting van anargie. Daar is selfs mense wat hierdie argument gebruik om nie meer voor te berei nie, aangesien dit dan ‘n teken is dat grootskaalse anargie nie te wagte is nie.

Dis ‘n uiters roekelose en onlogiese siening. Natuurlik gaan dinge stelselmatig agteruit. In ‘n land soos Suid Afrika bereik agteruitgang ‘n versadigingspunt waarin die een diens wat noodsaaklike lewensmiddele verskaf, die ander laat begin ineenstort. Daardie vlak van ineenstorting gebeur dan so vinnig dat dit byna eensklaps gebeur.

Kom ons noem ‘n paar voorbeelde van hoe hierdie proses ‘n drastiese versnelling ondergaan.

Die ekonomie

Die ekonomie kan vir jare agtereenvolgend verswak en lei tot ‘n stelselmatige toename in werkloosheid en armoede.

Dit bereik dan ‘n punt van frustrasie onder armes waarin ‘n grootskaalse optog gereël word. Eers tydens die deelname in hierdie optog breek geweld uit wat eskaleer en tot plundering, vernietiging en lewensverlies lei.

U sal merk dat jare se ekonomiese agteruitgang die versadigingspunt bereik het wanneer genoeg mense bereid is om tot aksie oor te gaan.

Kragvoorsiening, riolering en watervoorsiening

Hierdie basiese dienste kan oor jare verval as gevolg van onkundige bestuur, swak onderhoud, en onvoldoende uitbreiding. Op ‘n sekere dag kan Soweto geen water, riolering, of elektrisiteit ontvang nie weens die onklaarraking van sekere infrastruktuur wat hierdie dienste moet verskaf.

Die onvermoë om vinnig hierdie dienste te herstel weens die agteruitgang daarvan, veroorsaak dat tienduisende gefrustreerde inwoners gewelddadige protesaksies loods. Hierdie protesaksies verhoed regeringsinstansies verder om die dienste te herstel. Dit eskaleer dan vinnig tot grootskaalse geweld wat die kantelpunt bereik waarby die polisie stabiliteit kan afdwing en die skares uitmekaar jaag.

Politieke stabiliteit

Oor jare neem binnegevegte, wedywering vir regeringsposte, en kaderontplooiing toe in die regering. Politieke sluipmoorde neem toe en gevegte in die parlement raak duidelik erger.

Soos wat Prof. Andrè Duvenhage onlangs gewaarsku het moontlik is, span President Zuma dan die polisie en weermag in om in ‘n tipe polisiestaat sy posisie te verseker. Opposisiepartye teken protes aan deur enorme getalle te mobiliseer in protesaksie hierteen. Groot skares opposisieparty lede bots met ANC lede en grootskaalse faksiegeweld ruk hande uit.

Polisielede wat tussenbeide wil tree, word dan geteiken en alle beheer oor die geweld word verloor.

Soos u in die voorbeelde hierbo kan sien, lei stelselmatige verval van infrastruktuur, ekonomiese bestendigheid, en veiligheidsdienste se vermoë, asook ‘n toename in misdaad, geweld, werkloosheid en armoede tot ‘n klimaks waarin anargie in ‘n baie kort tydjie sy maksimum ontbrandingstempo bereik.

Geleidelike agteruitgang van ‘n stabiele samelewing, is soos die vlam wat teen die lont op brand. Dit bereik egter ‘n punt by die kruitvat waarin alles op een slag in vlamme opgaan. Wees daardie plofbare oomblik te wagte en skakel in by die enigste Noodplan vir blanke Suid Afrikaners.