Lidmaatskapkaarte

Almal is baie opgewonde om die lidmaatskapkaarte te ontvang. Onthou dat nie slegs betaalde lede vir hierdie kaarte kan aansoek doen nie, maar ook dié wat baie betrokke is en ingesit het vir die SL Noodplan. Mense wat voel dat hul kwalifiseer kan by hul provinsiale leier aansoek doen vir ‘n aanbeveling.

Ons word ook gereeld gevra watter voordele die lidmaatskapkaart in die toekoms gaan inhou. Ons is tans besig met onderhandelings met verskeie besighede om afslag aan kaarthouers te gee. Verder gaan ons ook in ‘n vlugtelingsituasie kaarthouers beloon met beter fasiliteite.

Wees gerus dat lede wat nie kaarte het nie, geensins benadeel sal word in hul deelname aan die Noodplan nie. Ons probeer op ‘n regverdige wyse diegene wat ‘n bydrae lewer te vergoed vir hulle hulp en bystand.

Dit is deur betaalde lede dat ons ons HK personeel kan betaal en werksuitgawes kan dek om die Suidlander Noodplan nog verder te ontwikkel. Weens die snelle groei van Suidlanders sal ons binnekort nog administratiewe personeel moet aanstel.

Deur | 2018-07-31T19:31:57+00:00 31 Julie, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Hoekom Suidlanders|