Die volgende sub-departement onder Logistiek in die bestuursprogram wat geïmplementeer word na ‘n vlugtelingsituasie ontstaan is Stoor en Beheer. Anders as met die funksie en doel van department Vordering, is hierdie ‘n baie meer permanente rol. Departement Vordering is spesifiek gefokus op die invordering en bewaking van logistieke bates in ‘n beginstadium wanneer alles nog versprei is, blootgestel is en daar nie beheer oor logistieke bates is nie.

Stoor en Beheer is ‘n meer volhoubare funksie wat na en tydens invordering beheer begin uitoefen op die inname en distribusie van logistieke bates aan die bevolking in ‘n veilige gebied op ‘n basis wat volhoubaarheid, of ten minste langdurige benutting, sal verseker.

Dit beteken dat daar eerstens ‘n beskikbaarheid en behoeftebepaling gedoen sal moet word om hierdie tempo van verbruik en benutting te kan bepaal. Die sub-departemente onder Stoor en Beheer sal nie hier ‘n volledige berekeningsmetode voorgelê word nie, aangesien dit veels te afhanklik is van veranderlikes in daardie omstandighede. ‘n Rewolusionêre klimaat is besaai met veranderlikes en vir daardie rede kan vooruitskattings van berekeningsmetodes misleidend wees.

Ons gaan egter hier die basiese konsep van hierdie metodes bespreek as ‘n riglyn waarvan die berekeningsmetodiek eerder deur middel van gesprekvoering tussen departemente en HK koördineerders binne die omstandighede bepaal sal word.

Vee

Die eerste stap en verantwoordelikheid vir bestuurspersoneel wat in u sektor in beheer geplaas is van die stoor en beheer van vee is om getalle opnames binne u sektor saam te stel. Sektore is relatief klein en deur middel van skakeling met department Vordering rakende veetalle wat nie in besit van landbouers is nie kan vinnig bepaal word hoeveel veetalle reeds ingevorder is, asook om moontlike projeksies te bekom van vee wat steeds ingevorder en onder bewaking geplaas moet word.

Verder kan daar met boere in die sektor geskakel word om te bepaal waste hoeveelheid vee op plase is, asook rowwe projeksies van aanwassyfers. Hou in gedagte dat wanneer boere hierdie getalle gevra word hulle sal besef dat daar gekompenseer moet word vir die feit dat markte, afsetgebiede en plaaslike verbruik van vleisprodukte tot ‘n stilstand gekom het. Daar moet ook spesifiek verwys word na die onbeskikbaarheid van entstowwe, dieremedikasie, moontlike inperkings op voer en water beskikbaarheid en ander faktore wat aanwas kan belemmer eie aan anargietoestande.

Hiervolgens kan veetalle en rowwe projeksies van aanwasgetalle verkry word en na HK deurgegee word om sodoende ‘n nasionale veilige gebied veetalle databasis saam te stel. Die tweede stap sal wees om te skakel met departemente Ontvangs en VBS. Hier moet opnames verkry word van plaaslike bevolkingsgetalle asook vlugtelinggetalle wat reeds in die sektor voorkom, asook die behoefte wat onder hierdie getalle voorkom aan vleisprodukte.

Hou in gedagte dat ‘n sekere persentasie voorbereide mense is wat mag veroorsaak dat verbruiking effe laer kan wees, alhoewel dit steeds aanbeveelbaar is dat selfs voorbereide persone deelneem aan die benutting van vleisprodukte, tensy ernstige tekorte ‘n beperking daarop plaas.

Verder kan daar nou projeksies vanaf hierdie departemente ontvang word rakende die verwagte komende vlugtelingtalle. Selfs al is hierdie getalle rowwe projeksies kan dit deurentheid aangepas word om by meer akkurate beskikbaarheid-verbruiksverhoudinge uit te kom.

Die verkryging van hierdie data kan tot ‘n groot mate net so aan HK’s deurgegee word sonder dat die verbruik per persoon per dag, week of maand bereken hoef te word. Sulke berekeninge op sektorvlak sal onakkuraat bewys te wees aangesien elke sektor gaan verskil in sy verhouding van verbruiker tot beskikbare lewende hawe. Sulke berekeninge moet eerder as gemiddeldes oor alle sektore deur HK personeel gedoen word om meer akkurate langtermyn projeksies te bereken.

Die volgende stap vir department Vee: Stoor en Beheer sal dan die afwenteling wees van rantsoene op die gebruik van vleisprodukte in elke sektor of gebied soos toegeken aan daardie logistieke afdeling. Verskaf riglyne op die hoeveelheid vee wat verbruik kan word op weeklikse of maandelikse basis en implementeer terugvoeringsprosesse met plaaseienaars of aangestelde persone in elke vlugtelinggemeenskap sodat daar gereeld gekontroleer kan word of die verbruik voldoende is en volhoubaar volgens die aangevole syfers uitgevoer kan word.

Hou ook in gedagte dat daar verbruik op ander wyses sal plaasvind wat moontlik buite die weekliks of maandelikse projeksies sal voorkom. Voorbeelde hiervan is as volg:

  • Waar vee geruil of weggegee word aan gemeenskappe buite ‘n veilige gebied vir spesifieke strategiese redes soos die uitruil van ander logistieke bates waaroor ons nie beskik in ‘n veilige gebied nie.
  • Die verwerking van groter hoeveelhede vleis om voorsiening te maak vir projekte of mobiele eenhede wat regoor of buite ‘n veilige gebied aangewend kan word. Dit sluit onder andere in om groot hoeveelhede biltong of ingelegde vleis te produseer om ‘n spesifieke projek logisties te ondersteun. Sulke projekte sal natuurlik buite die tradisionele verbruikerstrajek val. Op sulke projekte kan daar selfs groot hoeveelhede lewende hawe saamgeneem word en vleis verbruik word soos die behoefte van daardie groep bepaal.
  • Waar onvoorsiene verliese in lewende hawe op sekere sektore en gebiede mag voorkom sal dit moontlik nodig moet wees om daardie tekorte vanuit ander sektore en gebiede aan te vul.

Al hierdie onvoorsiene omstandighede sal vereis dat vinnige aanpassings in die verbruikersrantsoene gemaak moet word.