Die tweede sub-departement onder Landbou genaamd Beplanning, het te make met die beplanningsfunksie om rondom uitdagings te werk wat ontstaan weens die moeilike omstandighede wat anargie tot gevolg het aangesien kommunikasie so beperk sal wees in hierdie tyd.

Die doel hier is dat ‘n paneel van kundiges oor grense van sektore in beplanning kan kom om hierdie probleme aan te spreek. ‘n Skielike beperking op kommunikasievermoë kan in baie groter mate as wat mense besef gemeenskappe van mekaar isoleer en laat vervreem. Ons lewe tans in ‘n kommunikasieryke omgewing waar elke individu deur middel van Telekommunikasie en elektroniese dataverbindings in bykans konstante kommunikasie met honderde mense op nasionale en selfs internasionale vlak verkeer.

‘n Skielike beëindiging van sulke kommunikasielyne het ‘n enorme invloed op die vooruitgang, uitruiling en ontwikkeling van idees, oplossings, en behoeftes en isoleer mense van mekaar. Die doel van ‘n beplanningshoof in elke sektor is om kommunikasie te bewerkstellig d.m.v fisiese kontak, boodskappers, radiokontak, ens. sodat daar op die totale veilige gebied beplanning deur kundiges gedoen kan word en daardie informasie afgewentel kan word na elke sektor.

Wanneer kundiges innoverende oplossings op probleme vind, kan ons nie bekostig om vir dae, weke of maande vertragings in die verspreiding van hierdie innovasies na ander sektore te hê nie. Die afdeling Beplanning is dus nie bemoeid met fisiese uitruiling van hulpmiddele en die voorsiening aan behoeftes tussen boere en vlugtelinge soos departement Boereskakeling nie.

Hierdie afdeling is ‘n dinkskrum waarvan die strukture skakel op nasionale vlak om, veral op wetenskaplike vlak, die volgende probleme te oorbrug:

  • Saadtekorte;
  • Besproeiingsbeperkings;
  • Elektrisiteitsvoorsiening;
  • Peste en plaagbeheer;
  • Oesmetodes;
  • Plantmetodes;
  • Arbeidsaanwending;
  • Voedselverspreiding;
  • Voedselberging;
  • Entmiddele;
  • Chemiese- en gifstoftekorte;
  • Bemestingtekorte;
  • Effektiewe variëteit identifisering;
  • Landbousekuriteit probleme;
  • Slagfasiliteite en afvoer daarheen;
  • Verkoelingsfasiliteite;
  • Ens.

Op nasionale vlak behoort die vorm van afdeling Beplanning eerder ‘n paneel van kundiges aan te neem. HK behoort hier so vinnig as moontlik ‘n aanvraag na alle sektore uit te plaas om akademici te identifiseer by ontvangspunte wat na HK gebiede gestuur kan word. Op nasionale vlak kan hierdie individue in die vorm van ‘n navorsingsdinkskrum nasionale uitdagings identifiseer en in gesprek tree met beplanningspersoneel in sektore om oplossings te bied.