Die vierde sub-afdeling van Logistiese Bestuur nà anargie behels Tegniese Dienste. Tegniese Dienste het ‘n verskeidenheid onderafdelings wat ten doel het om tegniese aspekte in sektore en op nasionale vlak aan te spreek.

Verskeie van hierdie afdelings gaan oor die grense van verskeie sektore moet saamwerk om beplanning te doen en besluite wat hieruit voortspruit te implementeer. Wees versigtig om weens kommunikasiebeperkings nie in die voorsiening, oprigting, en instandhouding van tegniese dienste die wiel te herontwerp nie. Skakel gereeld met sektore om eerder saam te werk en informasie uit te ruil.

Daar bestaan 5 sub-afdelings onder Tegniese Dienste

 

  1. Werkswinkels

Weens die beperkings op vervoer, asook die sekerheidsrisiko rondom grootskaalse groepering van mense en gesentraliseerde grootskaalse produksie, vervaardiging, en herstelfasiliteite is dit belangrik dat die nasionale Noodplan hierdie vermoë op streng gedesentraliseerde wyse oprig en bestuur.

Wanneer produksie, vervaardiging, ombouings, en herstelwerk op grootskaal in groot fasiliteite geskied, skep dit teikens en word ons blootgestel aan grootskaalse sabotasie, aanvalle, infiltrasie, ens.

Gedesentraliseerde vervaardigingsvermoëns verminder hierdie risiko aansienlik. Elke sektor het tot ‘n meer of mindere mate werkswinkels of ingenieurswerke op dorpe en selfs plase. Die persoon in beheer van werkswinkels in elke sektor moet hierdie fasiliteite identifiseer en kan reeds nou in vredestye hiermee begin. Skakel met die hoof van Ontvangs om werktuigkundiges en ander kundiges in vervaardiging, staalwerke, pas en draai, en soortgelyke beroepe te identifiseer en af te stuur na vervaardigingsaanlegte.

Die persoon in beheer van werkswinkels kan hierdie vervaardigings-, ombouings- en hersteldiensvermoëns lys en dit so spoedig moontlik aan HK deurstuur. Die persoon in beheer van werkswinkels skakel dan ook met departement Invordering asook departement Stoor en Beheer se tegniese afdelings om met beide te koördineer in verband met tegniese toerusting wat ingevorder word en wat in werkswinkels aangewend kan word. Dit sluit ook in sekere materiale soos staal, hout, glas, ens. wat deur hierdie departemente ingevorder is of wat reeds in veilige gebiede voorkom waarvan hierdie departemente kennis neem.

Die volgende vlak van skakeling deur die persoon in beheer van werkswinkels is behoeftebepaling van sektore en nasionale HK-bestuurde operasies. Die persoon skakel dus op gereelde basis met die sektorbevelvoerder asook met HK om vas te stel of daar behoeftes ontstaan in terme van vervaardiging, ombouings, herstelwerk, ens.

Voorbeelde hiervan kan die volgende insluit, maar is nie hiertoe beperk nie:

  • Omskakeling van voertuie om pantser en/of kleingeweer vuurbestand te wees.
  • Omskakeling van voertuie om meer aanwendbaar vir patrollie, verkenning, of verdedigingsaksies te wees.
  • Vervaardiging van landboutoerusting wat deur beeste getrek kan word.
  • Ombouings en vervaarding van waens wat in treinvorm deur vragmotors of selfs beeste of perde getrek kan word.
  • Ombouings van voertuie en waens wat op treinspore kan ry of getrek kan word.
  • Vervaardiging van kook- en bakgeriewe vir groot groepe mense.
  • Vervaardiging van toerusting om water per hand uit boorgate te trek.
  • Vervaardiging van toerusting om warm water mee te produseer.

Die hoof koördineerder van werkswinkels kan behoeftebepalings vanaf sektorhoofde en HK aan werkswinkels deurgee maar ook met werkswinkels skakel om behoeftes te bepaal met betrekking tot die benodiging van materiale vir bruikbare vervaardigingstowwe soos swysstawe, gas, kragopwekking, ens.

Die koördineerder van werkwinkels behoort ook so spoedig as moontlik (reeds in vredestye) ‘n waardering te doen van winkels of ander fasiliteite wat voorrade aanhou wat krities kan wees in werkswinkels. Dit sluit in hardeware winkels, ingenieurswerke, verspreiders van fluïd toerusting (pype, koppelstukke, besproeiing ens.), Landboukoöperasies, staatsdepartementstore en werkswinkels soos Eskom, Telkom, Waterwese en munisipale werkswinkels en stoorfasiliteite, militêre basis tegniese dienste afdelings, ens. – ken u sektore.

Verdere skakeling deur die koördineerder van werkswinkels moet geskied met ander afdelings onder Tegniese Dienste om hierdie inligting te deel en te koördineer waar behoeftes ontstaan in die oprigting, instandhouding en voorsiening van dienste soos krag, water en riolering deur hierdie sub-afdelings.

  1. Ingenieurs

Hierdie sub-afdeling van Tegniese Dienste werf, bestuur, koördineer en plaas kundigheid vanaf verskeie areas na verskeie afdelings in presies dieselfde wyse waarop die vorige sub-afdeling met tegniese toerusting dit doen. Die afdeling Ingenieurs fokus egter op persone met kundigheid.

Op dieselfde wyse as die vorige sub-afdeling skakel die koördineerder van hierdie afdeling met werkswinkels asook elke ander sub-departement van Tegniese Dienste om te bepaal wat die behoefte van elke departement is in terme van kundigheid om sodoende in elke sub-departement aangewend te word. Sub-afdeling Krag sal bv. ‘n hoë aanvraag hê van ingenieurs en tegnici wat vertroud is met hoë spanningslyne, netwerkbeplanning, en hoëspanning skakeling tussen reguit en ringvoer lyne te wissel.

Sub-afdeling Water sal moontlik ‘n hoë aanvraag van kundigheid hê rondom fluïdmeganika, kanaalbestuur, suiweringsaanlegte, ens.

Die tweede vlak van skakeling vanaf die koördineerder van Ingenieurs, is met die Ontvangspersoneel in u sektor asook met HK. In hierdie skakeling moet daar reëlings getref word om ingenieurs en kundiges vanaf ontvangpunte direk na hierdie afdeling af te stuur, asook om informasie van personeel wat aanmeld aan HK deur te gee. HK mag van tyd tot tyd kundigheid by hierdie koördineerder aanvra om sodoende te assisteer met nasionale tegniese projekte wat oor verskeie of alle sektore uitgevoer word.