Logistiek 4

Mediese Voorbereiding

Daar is verskeie lyste saamgestel van medikasie en hierdie lyste moet aangepas word volgens elke familie se behoefte. Herinner families daaraan dat hulle ondersoek instel rondom hul eie mediese behoeftes soos kroniese siektes, allergieë, waarvoor hulle sensitief is soos son en koue, ens. asook hoe swangerskappe en voorbehoeding, babas, spesiale vrouebehoeftes en bejaardes hanteer en na omgesien gaan word. Hou in gedagte dat mediese personeel na ‘n vlugsituasie georganiseer sal word en tot ‘n redelike mate aan vlugtelinge beskikbaar sal wees.

Medisyne, mediese toerusting, en middele sal egter nie beskikbaar wees nie of baie skaars wees. Die beginsel wat dus toegepas word is dat elke familielid met sy eie mediese voorbereiding deur mediese personeel behandel sal word en dit daarna weer met hulle terugneem.

In tye van konflik en anargie is sekere medikasie en mediese prosedures egter belangriker as ander. In sulke tye is antibiotika moontlik die belangrikste medikasie om tot toegang te hê. Die tweede belangrikste is ontsmetting, wond higiëne, en algemene higiëne.

Aangesien dit ‘n baie gespanne omgewing sal wees en geballanseerde etes skaars is in sulke tye, is dit uiters belangrik om higiëniese toestande te skep. Dit is ook baie belangrik om selfs klein wonde soos skrapies en snye in higiëniese toestande te kan ontsmet en verbind.

Lede moet hiervoor baie sanitêre middele, ontsmettingsmiddele, pleister en verbande, asook seep en bleikmiddels aanskaf. Om wonde mee skoon te maak en om hande skoon te maak voor wondbehandeling, is dit ook belangrik om Saline druppe aan te koop. Drupvloeistof kan ook geproduseer word deur water te distelleer en ‘n klein hoeveelheid sout daarin te meng. Lede kan self navorsing hieroor doen.

Skaf ook fasiliteite aan wat u familie in staat sal stel om deurentheid hande te was en sorg dat was/badfasiliteite aangeskaf word. In anargie en oorlewingstoestande mag higiëne nie afgeskeep word nie. In vorige oorloë is aansienlike lewensverlies voorkom toe mobiele waspunte (tippy taps) op verskeie plekke in kampe opgerig is sodat persone gereeld hande was waar hulle ook rondbeweeg. Hierdie eenvoudige beginsel bestaan uit ‘n emmer of drom water wat hang en getip kan word om hande te was. Dit behoort by elke familie geimplementeer te word.

Families kan ook saam sekere duurder mediese toerusting soos bloeddrukmeters, suiker toets apparate, ens. aankoop. Higiëniese voorsorgmaatreëls vir beddegoed behoort ook hier bespreek te word. Gebruik sonenergie om klere en beddegoed higiënies te hou tussen wasse.

Deur | 2018-09-19T17:32:03+00:00 19 September, 2018|Kategorieë: Ander, Belangrike Kennisgewing, Belangrike Ontleding, Hoekom Suidlanders, Medies, Opleiding, Voorbereiding|