Met die oorloë wat woed in die Arabiese lande, sien ons kort-kort vlugtelingsituasies ontstaan. Dit is nie ‘n vreemde gesig om duisende mense pad-af te sien stap met ‘n bondeltjie besittings oor die skouer wat inderhaas gegryp is nie. Dit is die tipiese prentjie waar, as hierdie vlugtelinge somtyds ‘n bietjie tyd gehad het, hulle ‘n vragmotortjie of bakkie kon toerus en brandstof kon bekom wat propvol mense gelaai kon word.

By die Suidlanders het ons oor tyd ‘n stelsel ontwikkel waarin vlugtelinge vanuit ‘n plaasopstal sulke mobiele eenhede kan saamstel. Die handleiding hiervoor is reeds ‘n geruime tyd in ontwikkeling. Die afgelope naweek het ‘n span vanuit Johannesburg die praktiese uitvoerbaarheid begin toets asook om beeldmateriaal te genereer vir die opleidings dvd’s in verband met logistieke wa-eenhede.

Die doel van wa-eenhede is om groepe van ongeveer 30 vlugtelinge te voorsien van lae koste, langafstand mobiliteit, asook toerusting en lewensmiddele wat op veral agtergelate plaaswerwe bekom kan word. Ook plase wat weens ‘n vlugsituasie ontruim sal moet word, kan handig hiervoor ingespan word.

Dit sal uiters voordelig wees vir vlugtelinge wat onvoorbereid en te voet lang afstande sal moet aflê. Dit sal ook natuurlik geweldige druk van die voorbereide vlugteling afhaal deurdat u vervoer en logistieke voorbereiding nie blootgestel word aan die onvoorbereide vlugteling in nood nie.
Ons begin nou eersdaags met die opleidings dvd’s se produksie, en hoop om dit binnekort op die kollege beskikbaar te stel.

 

Verder is ons nou dringend opsoek na ‘n professionele agtergrond stem om op hierdie opleidings dvd’s, soos met ‘n dokumenter, te gebruik. Ons is opsoek na ‘n volwasse man met ‘n goeie radio/aanbiedersstem, en wil u uitnooi om ‘n 1 minuut voorlesing as proefonderhoud na ons te whatsapp na 072 564 2869. Hou in gedagte dat u ‘n bietjie tyd op hande hiervoor sal moet hê, maar dit sal vanuit u huis gedoen kan word.